Ons Eie Gebed Het Krag

"...Want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede." D10:12

Ek sal nooit vergeet dat daar 'n tyd was wat ek op die internet gegaan het om gebeds webwerwe te soek om my gebede te plaas, want ek het gedink hoe meer mense ek kry om saam met my te bid, hoe vinniger gaan my gebede beantwoord word. 

En ek moet erken daar was 'n hele paar kere wat ek gevoel het dat die Here nie my gebede hoor nie. Maar vandag weet ek dat die Here beslis my gebede hoor. En soms maak ek die fout om met hierdie hele groot lysie na ons kosbare Liefling Here toe te gaan, maar dan onthou ek dit moenie net gaan oor wat ek wil hê nie, dit moet veel eerder gaan oor 'n intieme verhouding met ons kosbare Liefling Here en ek weet ons Liefling Here wag met afwagtig dat ons Hom vertel hoe lief ons Hom het en hoe wonderlik Hy is, want dit is Hy beslis!

Kosbare vrou onthou asseblief hierdie belangrike punte uit die ⭐Die Krag van Gebed:

  • Jy hoef nie aan te hou om dieselfde gebed te bid nie.
  • Jy het nie ons of iemand anders nodig om VIR jou te bid nie.
  • Jy moet ander vergewe.
  • Jy moet jou sondes bely.
  • Jy moet Hom loof en vertrou.

Kosbare liefste vrou onthou die Here hoor jou gebede en op die regte tyd gaan Hy jou antwoord en onthou om Hom te vertel hoe lief jy Hom het en hoe wonderlik Hy is, want Hy verdien al ons liefde en lof. 

"Aan U, HERE, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, HERE. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles." 1K29:11

 

2 thoughts on “Ons Eie Gebed Het Krag”

  1. Dankie Janine, ek het ook altyd gedink ek moet Hom soebat en smeek, elke dag dieselfde versoeke na Hom toe vat, maar ek het ook geleer ons hoef nie, en om Hom te loof en prys kragtiger is as om te soebat en smeek. Ek het ook geleer dat ons net ons situasies kan oorgee in Sy hande en dan stil wees en weet Hy is God.

    1. Ja is dit nie wonderlik nie kosbare Adina, ek het self nou gesien, dis in die prys en net werklik dankbaar wees in alles omstandighede, dat ek my vrede teruggekry het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui