"Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie." S3:5
Hierdie gedeeltes in Lewensles Week 87 "Have To or Get To" het vir my uitgestaan:
Erin het gesê wanneer jy in 'n moeilike situasie is, is dit so natuurlik vir ons om te sê ek moes God meer gesoek het en ek moet Hom meer vertrou, eerder as jy wat Hom moet vertrou, kry jy kry die geleentheid om Hom meer te vertrou en jy kan meer in Hom indruk.
Wanneer jy in 'n situasie is, dat jy Hom meer moet soek en Hom meer vertrou, doen ons dit nie. Ons sien nie regtig die seën wat dit is nie. Ons wil almal hê dinge moet maklik en lig wees, maar die seëninge kom regtig uit die tye in die vallei, wanneer ons in 'n hoek gedruk word en wanneer ons meer op Hom moet staatmaak. In plaas daarvan om te sê ek moet Hom meer vertrou, kry ek die geleentheid om Hom meer te vertrou.
Ek moet erken, natuurlik is dit lekker as dinge maklik en lig is, wie hou nie daarvan nie, maar kom ons gebruik elke geleentheid in die vallei as 'n geleentheid om ons kosbare Liefling Here meer te vertrou.
Mooi Janine, dit is wanneer ons in die woestyn is dat ons HOM vind. Dis hoe dit vir my was. Hier het ek Hom gevind, en hier op hierdie pad weet ek dat ek elke dag vir Hom alles moet gee, en soos ek altyd vir Hom sê, om myself aan Sy middel vas te bind om nie weg te loop nie. En dit is die geleentheid, soos die les sê, om al ons vertroue in die Enigste te plaas, wat die weg vir ons oopmaak. Dankie mooi dat jy hierdie les gedeel het.
Dis hoe dit vir my ook was kosbare Liza en nou as ek terugkyk is ek so dankbaar vir al die woestyntye, want dit het my beslis nader aan ons kosbare Liefling Here gebring.