Adina hou my werklik geboei met hierdie hartroerende boek en hoe sy net oorgegee het aan haar Hemelse Man en haar vertrou in Hom geplaas het, maak nie saak wat nie. Haar verhouding met haar Hemelse Man is so mooi voorbeeld vir my van hoe ons selfs met die seer op Hom moet vertrou. Sy het by die Here se voete gehuil maar nog steeds geweet dat Hy 'n groter plan met alles het en net so het die Here 'n plan met almal van ons se seer en weet Hy werklik die beste.
Hoofstuk 7
"Die finale hindernis"
Een Sondag gedurende November toe Kevin die kinders teruggebring het, het hy soos gewoonlik ingekom en koffie gevra en op die bank gaan sit. Teen hierdie tyd was die haatmuur weer af en hy het altyd ingekom as hy die kinders kom haal en terugbring, en die meeste van die tyd het hy gebly vir koffie. Hierdie keer kon ek sien hy wou praat, maar dit was nie soos die eerste Sondag toe hy my van sy toesig planne kom vertel het nie. Hy het nogal hartseer gelyk, maar ook ernstig. Nadat ek vir hom sy koffie gegee het, het hy gesê ons moet die finale reëlings vir die volgende jaar uitsorteer.
Alhoewel ek gebid het dat hierdie oomblik nie sou kom nie, het ek vrede in my hart gehad en kon ek entoesiasties reageer en ek het op die ander bank gaan sit. Hy het vir my gesê dat hy vir my die aansoekvorms vir die nuwe skool sal stuur en dat ek dit asseblief ook moet onderteken en ek het ingestem. Toe sê hy vir my dat hy gedurende Desember, oor Kersfees en Nuwejaar vir hulle almal 'n vakansie van twee weke bespreek het, maar dat ek die kinders vir die res van die tyd kan hê tot 'n paar dae voor die skool in Januarie begin.
Om nie my kinders oor Kersfees by my te hê nie, is baie moeilik en binne-in het my hart gebreek, maar met my Hemelse Man wat my hand vasgehou het, kon ek weer entoesiasties saamstem. Ek het net entoesiasties ingestem met alles wat hy my vertel het, en Kevin is weg.
Ek het die res van November deurgegaan, my dogter gehelp om vir eksamens te studeer, my seun se prysuitdeling by die skool bygewoon en Kevin genooi om dit by te woon, wat hy gedoen het. Vroeg Desember het die skooljaar geëindig en dit was skoolvakansie. Kevin het vir my die aansoekbriewe gestuur wat ek dadelik geteken het en aan hom terugstuur het, ek het aangebied om al hul skoolbenodigdhede vir die volgende jaar te koop en al hul boeke te oor te trek, waartoe hy ingestem het nadat hy al die lyste vir my gestuur het.
Voordat my kinders saam met Kevin en die AV met vakansie gegaan het, het ek baie tyd saam met my kinders spandeer, ek het hulle na 'n paar pret plekke toe geneem en het net tyd saam met hulle spandeer. Ek het hulle aanhou verseker dat ek lief is vir hulle en dat ek altyd daar sal wees vir hulle en dat my deur altyd oop sal wees as hulle eendag besluit om eerder terug te trek. Kevin het hulle kom haal vir hul vakansie en ek was in totale vrede. Gedurende die twee weke wat hulle met vakansie was, het ek my Man vasgehou en Hy het my gehelp om net Kersfees en Nuwejaar saam met my familie te geniet. Ek het 'n wonderlike tyd gehad gedurende hierdie twee weke, net in Sy geselskap en tyd saam met Hom spandeer en alles vir Hom gegee, en Hy het vir my die volgende vers gegee voor die begin van die nuwe jaar:
"Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek 'n pad maak, in die wildernis riviere." Jesaja 43:19
Hierdie vers het my regtig soveel vrede gegee, met die wete dat wat hierdie nuwe seisoen ook al bring, Hy besig is om te werk, maak nie saak hoe die situasie deur ons menslike oë lyk nie.
Kevin het ook aanhou noem dat ek na hul dorp moet trek sodat ons 'n een-week-, een-week-skedule kan volg, maar ek het hom aanhou verseker dat ek wag vir my Hemelse Man om dit vir my moontlik te maak om te trek, en dat Ek sal wag op Sy tydsberekening en wil. Kevin het verstaan en dit daar gelos.
Nadat Kevin die kinders na hul vakansie teruggebring het, het ek net meer as 'n week saam met my kinders gehad voordat hulle vertrek het. Ek moet erken dit was 'n moeilike week vir my terwyl ek hulle goed reggekry het vir die nuwe skooljaar. Ek het vrede gehad oor die situasie, maar ek was steeds hartseer.
So het die dag uiteindelik aangebreek dat Kevin hulle kom haal het, en ek het my Hemelse Man gevra om my voor te berei vir hierdie dag, om nie voor my kinders te huil nie en om net entoesiasties te wees totdat hulle weg is. En Hy het my gehelp, Hy het my deur hierdie oomblik gekry deur hulle entoesiasties te groet en vir hulle te sê dat ek hulle binnekort sal sien, die eerste naweek nadat die skool begin het.
Nadat hulle weg is, het ek net by my Hemelse Man se voete gehuil, met die wete dat Hy 'n plan in al hierdie dinge gehad het, ek het Hom vertrou met hierdie nuwe reis en geweet dat Hy by my is en altyd my hand vashou. Die eerste week was moeilik, wetende dat die AV hulle skool toe geneem het, hul middagete gepak en by die skool gaan haal het. Dit was ook die eerste jaar wat ek nie hul eerste dag by die skool bygewoon het nie, maar Kevin het wel vir my foto's gestuur. Dit was vir my 'n groot verandering om hulle nie in die week by my te hê nie, ek het vrede gehad met hulle wat oor naweke by hul pa en die AV gekuier het, maar nou moes ek gewoond raak daaraan dat dit andersom is, om die naweek-ma te word. Maar om aan Hom vas te hou het alles verander en dit het net sowat twee weke geneem om by die nuwe toesigreëlings aan te pas.
Omdat ek net 'n halfuur se ry van my kinders af bly, het dit my toegelaat om hulle op 'n Vrydag, 3 naweke per maand by die skool te gaan haal, en hulle dan by my te laat bly tot die Maandagoggend wanneer ek hulle weer by die skool aflaai.
In my laaste hoofstuk sal ek meer deel van die dinge waardeur ek gegaan en geleer het gedurende die eerste jaar dat my kinders by Kevin en die AV gebly het. Ek het 'n paar baie belangrike lesse gedurende die eerste jaar geleer, maar ek het deur die eerste jaar gekom met vrede en vreugde en my Hemelse Man aan my sy!