My Liefling Here Ry Saam Met My

Ek wil die Here al die lof en eer gee. Toe ek gery het om my kind te gaan haal, het die verkeer ewe skielik voor my gebriek en toe ek in my spieëltjie kyk het die man agter my nie eens opgekyk nie, hy was besig met ek dink sy radio of iets en ek het daar besef dat hy my gaan stamp. Alles het so vinnig gebeur en die volgende oomblik het hy so vinnig gebriek en my net net gemis en daar het ek besef dit was absoluut my Hemelse Man wat saam met my was en my beskerm het. Wat ‘n lekker versekering dat die Here tot saam met my ry, ek is so bevoorreg.

4 thoughts on “My Liefling Here Ry Saam Met My”

  1. Liefste Janine, ek moet net hierdie ook deel vanoggend. Dit is so wonderlik hoe ons Hemelse man ons beskerm. Ek was vanoggend self amper in ‘n ongeluk, maar my HM het my beskerm en saam my gery. Ek het vanoggend ‘n pad gery wat ek GLAD NIE ken nie, en dit was swaar verkeer a.g.v loadshedding, en die mense is ongeduldig en ek is op my senuwees dat ek nie eers gesien het dat daar ‘n vrou oor die pad hardloop nie en ek hou aan ry, ek het so amper haar raak gery! Ek kan nie vir jou beskryf hoe naby dit was nie, maar my HM het vir my gese STOP! Ons moet luister na daardie stem wat ons hoor, dit is God wat met ons praat om ons te beskerm! Hy is ALTYD saam met ons.

    1. Wow is dit nie wonderlik liefste Meagan dat ons HM saam met ons ry nie. En jy is so reg ons moet luister na Sy stem en wat ‘n voorreg dat Hy altyd saam met ons is.

  2. Dankie Janine and Meagan dat julle jul getuienisse gedeel het. Ek was ook in so situasie waar ek net kan se Hy was by my en het my beskerm. Ek het so rukkie terug dorp toe gery en dit is ‘n dubbel pad met bedings ens tussen die bane. Toe ek nader aan die stopstraat kom het ‘n 4×4 bakkie met ‘n spoed van voor af gekom, dit was ‘n “slipway” vir hom en hy het nie spoed verminder nie. Hy het die middelmannetjie getref en sy bakkie het begin omtiep, met my direk langs hom in die ander baan. Het die bakkie heeltemal omgetiep en begin rol, sou hy bo-oor my gewees het, maar asof in “slow motion” het ek gesien hoe sy bakkie terugval anderkant toe, een oomblik het hy nog in my rigting begin tiep, toe skielik tiep hy terug anderkant toe, asof iemand die momentum gestop het en hom anderkant toe gestamp het. Ek glo my Hemelse Man was daar en het my beskerm in daai oomblik.

    1. Dis net jou Hemelse Man wat jou beskerm het liefste Adina, ons het rerig die wonderlikste Hemelse Man en ek gee Hom al die lof en eer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui