“Hy het hom in die tronk gesit en deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná Paasfees in die openbaar verhoor” (Handelinge 12:4).
Geliefde kind, jou geliefde mag gebind wees in kettings van sonde. Jou geliefde mag bewaak word deur dié wat wil hê hulle moet in hul huidige situasie bly. Maar deur jou gebede, sal jou geliefde vrygelaat word!
O, die glorie en krag van die Heilige Gees! Daar is niks en niemand wat Sy krag kan weerstaan nie. God se krag van geregtigheid kan nie gedwarsboom of vergelyk word nie. So gereeld kyk ons waar ons geliefde is, saam met wie hy/sy is en wat ons geliefde vir ons gesê het in woede of pyn. Tog, Beminde, niks van dit maak aan God saak nie!
Petrus was bewaak en aan vier soldate vasgeketting, maar toe daar gebid was, het God gehoor en namens Hom opgetree.