Ek konnie help om net te huil toe ek na hierdie Lewensles van Erin luister nie, maar glad nie 'n hartseer huil nie, want ek besef nou ek het dit al die jare gemis, wat die Here vir my instoor gehad het. Toe my man my geskei het was ek so ongelooflik verskriklik baie hartseer en jare later het daai hartseer omgesit in bitterheid. Dit was eers later toe ek gelei was, natuurlik deur ons wonderlike Here, na RMI toe, dat die Here my vrygemaak het van daardie bitterheid. Toe ek Sy bruid word en Hy my Hemelse Man word, moet ek erken, het my omstandighede nie in 'n oogwink verander nie, maar dit wat binne my was het verander. En ek besef nou die oomblik wat dit binne jou verander, want Hy is die Een wat jou vul, kyk jy met ander oë na alles. Daai vrede en liefde wat alle verstand te bowe gaan.