Ek het so pas klaar na die lofprysing van ons Raad van Direkteure op ‘n zoom- vergadering gekyk en hulle begin altyd met almal wat ‘n lof deel omdat dit sê “Gaan Sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange.”  So in elkeen van ons Bedieningspanlidvergaderings, insluitende die Raad van Direkteure, begin dit altyd met iemand wat ‘n lofprysing deel. En die een lofprysing wat gedeel was, was van Paula, ons bedienaar in Brasilië, en sy het gedeel hoe sy en haar man (sy het ‘n herstelde huwelik) se huis afbetaal was! Maar… omdat daar al daardie ander rekeninge en dinge was wat omtrent dieselfde tyd vir haar gegooi was—en haar aandag van die lofprysing afgelei was—en dit net ‘n algemene plan van die vyand is wat lief daarvoor is om in te kom en te steel wat regmatig God s’n is! Dit is sy plan—hy wil “steel, slag en verwoes”!

En dit is waarom ons ywerig moet wees en moet terugstaan van om in die middel van die storm te wees en regtig te kyk wat aangaan, omdat dit in daardie storms is waar die mees ongelooflikste dinge gebeur. Dit is wanneer wonderwerke gebeur en die storm is baie keer die vyand se afleiding van wat God besig is om te doen of gedoen het. Ons moet dus ons fokus op Hom hou, ons moet onder Sy sambreel bly, onder Sy vlerke van beskerming sodat ons nie uitmis op (wat reg voor ons is nie) en om te kyk vir al die goeie wat na ons toe kom gedurende hierdie moeilike tye. Want dit is dit en ons gaan in die middel van dit geseën word want “alles werk ten goede mee” omdat “ons Hom liefhet’”omdat “ons volgens Sy besluit as Sy bruid geroep is.

Week 21 “Slaap in die Storms

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui