LEWENSLES WEEK 9

Week 9 “Twee Rigting Kommunikasie”

Week 9 “Twee Rigting Kommunikasie”

Lees asseblief hoe ek stukkies uit die LL deel en my gevoel daaroor gee:

Kom ons wees eerlik, die Here is ‘n Heer, wat beteken Hy sal doodstil sit en wag terwyl jy aanhou babbel—jou selfs toelaat om jou eie ding te doen. Hy sal wag totdat jy jouself in ‘n groot genoeg gemors kry en Hom dan uiteindelik Sy gedagtes vra. Net dan sal jy die waarheid ken en vrygeskeld word van jouself.

Ek het my hele lewe net voortgegaan en gebabbel en moet nou hard aan myself werk (gelukkig met die Here se hulp) en leer om te luister en nie al die praat werk doen nie. Daar is is tye wat ek luister maar ek gaan eerlik moet wees dat ek baie meer moet luister.

Laat my verduidelik, dikwels gee die Here nie vir my die antwoorde nie, maar sĂȘ eenvoudig, “Vertrou My” en dit is meer as genoeg vir my om te laat gaan en eenvoudig te weet dat Hy dit onder beheer het. Dit is so bevrydend. Toe ek die eerste “‘n Wyse Vrou” geskryf het, het dit my geleer hoe om die vrou vir ‘n aardse man te wees—wat ek geleer moes word voordat ek getrou het. Tog was dit nie totdat ek daardie selfde beginsels in my verhouding met my Hemelse Man toegepas het dat ek gevind het hoe my lewe verander het en toe het ek so vry en gekoester gevoel deur Hom.

Ek sal nooit vergeet toe ek op ons Wyse Vrou Toevlug voor die water gaan sit en om met my Hemelse Man te gesels en Hom gevra het om my te help om te vergewe en so baie vrae vir die Here gehad het, my "wat as" vrae en my Hemelse Man net aanhou sĂȘ het VERTROU MY. Ek het weer gevra "wat as" en weer het my Hemelse Man net gesĂȘ: VERTROU MY en dis daar wat ek net oorgegee het en nou vertrou ek my Hemelse Man.

Jesaja 45:11 (AFR53)— “So sĂȘ die Here, die Heilige van Israel, en sy Formeerder: Vra my aangaande die toekomstige dinge; ...”’

Jesaja 48:6 (AFR53) — “Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.”

Ons verhouding met die Here moet 'n tweerigting kommunikasie wees, nie net ons wat praat nie, maar ons ons wat ook luister wat die Here vir ons wil sĂȘ.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui