Lewensles Week 69

"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." R8:28

Lees asseblief hierdie uittreksel uit Lewensles Week 69-Loop Op Lug:

Nadat ek van alles wat ek besit het, laat gaan het, het Hy my ook gevra om van my eie land te laat gaan—na Europa toe te trek—en om nie eens te weet of ek ooit sou terugkeer nie. Dit is omdat God jou nie hierdie dinge laat weet nie, jy moet Hom net vertrou en Sy leiding volg.

Ek sal nooit vergeet toe ek jare gelede ons kosbare Liefling Here gesmeek het om asseblief vir my te wys wat my toekoms inhou. Die pastoor het ewe skielik voor my kom staan en gesê die Here vra as Hy jou alles wys, sal jy Hom nog steeds vertrou? Op daardie stadium was dit nie die antwoord wat ek wou gehad het nie, maar vandag verstaan ek dat ons kosbare Liefling Here my die beste ken en presies weet hoe om my geloof te bou. 

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons kosbare Liefling Here te vertrou en net Sy leiding te volg. Ons hoef nie alles te weet nie, ons Liefling Here weet alles en Hy weet hoekom Hy dinge toelaat en Hy het beslis ons beste belange op die hart, ons moet Hom net vertrou. In my eie lewe het ek werklik gesien hoe die Here selfs die seer in my lewe ten goede gebruik, so glo my ons kosbare Liefling Here weet presies wat Hy doen.

2 thoughts on “Lewensles Week 69”

  1. Liewe Janine,
    Baie dankie vir die lewensles. Ons moèt net op die Here vertrou. Ons kan nie op mense vertrou nie, dit sal net tydelike verandering bring. Dit het ek deur my reis geleer en was teleurgesteld. Maar toe ek begin om net op God te vertrou en om alles nèt met Hom te deel het ek besef dat Hy waarlik reg langs my is en Hy is àltyd reg langs my. En ek wil nooit weer sonder Hom een tree gee nie.
    Ek kan onthou hoe aanhoudend ek tot Hom gebid het om my AM se hart te draai, maar Hy wou mý hart draai en vandat ek dit besef het en Hom begin toelaat het dat Sy wil geskied en op Hòm begin vertrou het, het my lewe en my hart al soveel verander dat niks anders regtig vir my saak maak nie!
    Al wat ek nou vra is dat Sý wil in almal wat ek liefhet se lewens geskied want Sy wil is die beste!

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Betty, ek weet presies waarvan jy praat, ek was net so baie teleurgesteld toe ek my vertroue in mense gesit het. Hierdie vers het my so geraak, hoekom dit so belangrik is om nie op ‘n mens te vertrou nie:

      “So sê die Here: Daar rus ‘n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai.” J17:5 https://www.bible.com/af/bible/6/JER.17.5.AFR83

      Wow dis so pragtig om te kan sien hoe jy net meer en meer oorgee ksobare Betty, weer wil ek net sê ons kosbare Liefling Here is Fantasties! En as ons net besef ons kosbare Liefling Here se wil is die heel beste.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui