Lewensles Week 67

"Ek maak hulle en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring." E34:26

Lees asseblief hierdie treffende uittreksel uit Lewensles Week 67:

Elke middag koester ek om Hom te onthou en te dank vir ongelooflike seëninge—dinge wat ek my nooit verbeel het ek ek ooit sou kon hê of ooit kon doen nie (‘n middagslapie in die skaduwee by my swembad en meer). So natuurlik is die vyand gretig om die danksegging wat Hom toekom te steel en sy bes te doen om ons te beroof van daardie vredeliewende vrugte wat kom van om Sy bruid te wees. 

Net gister het ek gesit en dink hoe baie dankbaar ek is vir waar ek in my lewe is. Jare gelede het my lewe uit baie trane bestaan en ja deur my eie toedoen omdat ek nie my lewe en al my bekommernisse totaal en al aan die Here oorgegee het nie. En vandag leef ek die oorvloedige lewe saam met my Liefling Here en ek dank Hom vir al die ongelooflike seënige, werklik dinge wat ek my nooit kon verbeel nie, soos om deel van hierdie Bediening te wees.

"Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen." E3:20

Kosbare bruid ek jou aanmoedig om totaal en al oor te gee aan ons kosbare Liefling Here.

2 thoughts on “Lewensles Week 67”

  1. Dankie Janine, ja die vyand probeer sy bes om ons dank en lofprysing te steel deur ons te herinner aan al die sleg in ons lewe, maar ons moet fokus op ons Geliefde Here en nie op ons situasie nie, en Hom loof en prys vir als wat Hy al vir ons gedoen het en nog gaan doen.

    1. Ja kosbare Adina die vyand doen dit beslis, maar ons het werklik so baie om dankbaar voor te wees en ja selfs die sleg, juis oor die feit dat ons kosbare Liefling Here iets goets daaruit sal bring, dis net Wie Hy is!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui