Lewensles Week 65

"En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is." R8:28

Lees asseblief hierdie pragtige uittreksel uit Lewensles Week 65:

Die lewensles kan vandag opgesom word deur te sê dat ons nooit met ons fisiese oë moet kyk nie, nog minder hoe ons voel, want selfs wanneer ons een of ander gevaar waarneem, is dit baie dikwels nie ‘n bedreiging vir ons almal nie. Dis nou nie te sê as ons aanvoel hoe Hy ons weg van gevaar af lei nie, en ons weet uit ondervinding dat dit HY IS wat ons lei om iewers heen te gaan of iets te doen dat ons dit ignoreer nie.  

Ek moet erken vir so lank het ek op my gevoel met alles gegaan en ek is 'n fyngevoelige mens, daarom het ek absoluut ons Liefling Here se leiding nodig, want dis so maklik om fyngevoelig te wees en iets heeltemal verkeerd op te som. So kosbare bruid ek wil jou aanmoedig om nie alles te glo wat jy dink jy sien nie en ek wil jou aanmoedig om totaal en al op ons kosbare Here se leiding staat te maak.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui