Lewensles Week 64

"En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is." R8:28

Nadat ek Lewenss Week 64 gelees het “’Ergste’ Tye is die Beste” het my Liefling Hemelse Man my herinner aan toe ek jare gelede geskei is. Ek kon nie bekostig om vir my seun duur geskenke te koop nie en hy het by sy pa en die ander vroue gekry wat hy wou hê, so ek wou hom graag leer om te gee. So ek het inkleurboeke en potlode toegedraai en hy moes kinders soek langs die pad vir wie ons dit kon gee, terwyl ons Swaziland toe gery het (om my ouers te besoek). Dit was onskatbaar om te sien hoe 'n kind wat die minimum gehad het die geskenke waardeer het. Dit was van ons beste tye.

Alhoewel my seun later gekies het om by sy pa te gaan woon (luister asseblief hoe die Here ons verhouding herstel het), sou hy later vir sy jonger broer sê dat hy hom nooit sal toelaat om by sy pa te gaan woon nie, want hy moes by my gebly het en hy onthou die jare saam met my as van sy beste jare.

En dit was ook 'n tyd wat ek die grootste wonderwerke gesien het, soos toe ek my motor na 'n motorwerktuigkundige toe geneem het, en hulle gesê het dat dit nie moontlik was dat ek met die motor tot daar kon ry nie, want daar was 'n fout in die enjin en volgens hulle as daar so fout is, sou die motor nie kon ry nie. Maar ek het wel gery en baie ver ook, want ek het gereeld by my ouers gaan kuier met daardie selfde motor.

Of toe ek my glimlaggende baba reg in sy babastoeltjie probeer sit het, terwyl ek bestuur het (ek moet erken dit was baie dom), en die volgende oomblik het ek die motor voor my gestamp. Ons het stilgehou en natuurlik het ander motors ook stilgehou want dit was 'n baie harde stamp. Toe ek na die skade gaan kyk het was daar geen geen geen skade nie. Die arme bestuurder van die ander motor was so in skok en het gesê hoe is dit moontlik😂 Ek was so opgewonde en het gesê dis moontlik want daar was Engele tussen ons, so gaan vertel vir die hele wêreld wat sopas gebeur het. Weer het hy gesê maar hoe is dit moontlik dat daar nie 'n merk op die motors is nie😂 My gelukkige baba was nog steeds glimlaglaggend in sy stoeltjie😂

Liewe kosbare bruid onthou asseblief dat alles ten goede sal meewerk, omdat jy ons kosbare Here liefhet en omdat jy volgens Sy voorneme geroep is en jy Sy voorneme vertrou. Ek is opgewonde om te hoor hoe die beste tye ook uit jou slegste tye gaan kom, so kom deel dit asseblief sodat ons ook bemoedig kan word.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui