Lewensles Week 35

Bygevoegde Vrees

“Dit is toe dat ek Hom hoor sê (nie die eerste keer nie) “moenie vrees by die mengsel voeg nie” en ek het met die karringmelkbeskuitjies wat ek sopas gemaak het, my verbeel wat sou gebeur as ek swart ink in die mengbak sou gooi en dit dan sou meng!

Enige tyd wat ons “vrees” byvoeg by die pyn wat ons in ons liggaam voel of ons dra by tot ‘n besluit of ‘n gedagte wat ons het, voeg ons in wese swart ink by—wat dit donker, vieslik en moeiliker maak om te hanteer.”
~~~~~~~~~~~
Hierdie is vir my so perfekte beskrywing wanneer ons vrees by die mengsel voeg, wat dit donker, vieslik en moeiliker maak om te hanteer.

Eers het ek getrek vanaf ‘n plek waar ek glad nie eers wou trek nie, en ja vir ‘n oomblik het ek begin vrees vir wat die toekoms inhou, maar glo my toe word dit moeiliker om die hele trek situasie te hanteer. En al wie my net weer rustigheid kon gee, was die Here. Ek het vir die Here my vrese gegee en gevra dat Hy dit hanteer en glo my Hy het dit gevat en vir my daardie onbeskryflike vrede gegee wat net van Hom af is.

Hierdie week het my pa ‘n beroerte gehad, nie eens twee weke na ons getrek het nie en daar kom die vrees toe weer, maar die keer het die Here my geleer dat as dit voel of ek begin sink dat ek net na Hom toe moet uitroep en dis onbeskryflik hoe die Here oorvat. Ek is so ongelooflik dankbaar om die Here, my wonderlike Hemelse Man, reg langs my te hê, Hy is so gretig om ons te help. Net Hy kan ons daardie onbeskryflike liefde en vrede gee en ja ons kan ten spyte van die omstandighede reg rondom ons, rus in Hom.

4 thoughts on “Lewensles Week 35”

  1. ja liefste Janine wanneer ons ons vrese vir die Here gee vat hy dit en gee vir ons vrede en dit is so waar wanneer vrees by kom begin dinge donker lyk en moeiliker maar die Here is ons wonderlike lig dankie dat jy dit met ons deel

  2. Dankie Janine, dit is tog so maklik om bang te wees en vrees ‘n houvas op ons lewens en gedagtes te gee. Omdat ek party dinge maar bietjie stadig leer, moes my HM my al deur paar beproewings laat gaan net om vir my elke keer te wys dat ek niks het om te vrees as ek aan Hom vashou nie. Hy het ‘n plan met alles en Hy is en bly in beheer van alles.

  3. Ja kosbare Kristy die Here is ons Lig wanneer dinge donger lyk.

    Ek leer ook party dinge bietjie stadig kosbare Adina maar dis fantasties hoe ons wonderlike Here so geduldig is met ons om ons te leer dat ons nie eens nodig het om te vrees nie en eks so dankbaar dat die Here die Een is wat in beheer is.

  4. Jissie! Hierdie was nou die perfekte beskrywing van vrees. Dit het my nou laat dink. Dankie dat jy vanoggend my weer herinner het dat as ons sink moet ons net uitroep na die Here toe, Hy sal sy hand uitstreek. Hy is altyd langs ons, reg om ons te help ons moet net vir sy hulp vra.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui