LEWENSLES WEEK 21

“’Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die HERE: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”’ (Jeremia 29:11). Dan in die NLV sê dit, “’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie [*hoe kan jy dit ooit dink?]. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.”!

Ek is mal daaroor hoe my wonderlike HM met my praat. Hierdie week was ek so iewat bekommerd oor ek ander blyplek moet soek en toe ek die Lewensles oopmaak wat ek hierdie week wil deel, het my Liefling dadelik met my gepraat en ek wil Hom al die lof en eer gee daarvoor.

Wow, ek kan in die storm slaap. Lees hoe mooi is hierdie aanhaling uit hierdie spesifieke lewensles:

"So eerder as om uit te hardloop in die storm in, ‘n storm wat niemand anders as HY kan beheer nie, wag en slaap selfs binne waar dit warm en droog is, opgekrul langs Hom. Op ‘n stadium, daarvan kan jy seker wees, sal Hy die storm berispe en stil maak, ‘n storm wat eens op ‘n tyd so gevaarlik voorgekom het."

Week 21 “Slaap in die Storms”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui