LEWENSLES WEEK 15

Week 15 “Miskien”

Week 15 “Miskien”

Vandag het hierdie gedeelte vir my so uitgestaan, want die oomblik wanneer ons deur seer gaan, voel dit nie op daar ooit voordeel uit daai seer uit kan kom nie en ja in my eie seer wou ek net in 'n bondel gaan lê en myself so verskriklik jammer kry, wat ek ook natuurlik baie gedoen het, maar vandag besef ek hoeveel getuienisse uit my seer gekom het:

Dit beteken dat ons ons lewens so moet leef dat die wêreld sien dat selfs al is die vyand uit om ons seer te maak en te vernietig, saam met Hom, kan ons daardeur loop en nie net daardeur kom nie, maar op die ou einde voordeel daaruit trek. Dit, dierbare mens, word eenvoudig ‘n getuienis genoem, wat belangrik is vir ons om te verkry om sodoende ander te help om die goddelose te oorkom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui