LEWENSLES WEEK 14

Week 14 “DUBBEL vir My Sondes?!”

Week 14 “DUBBEL vir My Sondes?!”

Ek dink nie die aanklaer sal ooit ophou om ons te probeer martel oor ons sondes nie, want ek weet hy probeer my altyd martel oor my verlede met baie sondes, maar met vandag se les is ek net weer herinner dat ek hom nie moet toelaat om my te martel nie, want die Here het my skoon gewas van my sondes en ek is vergewe. En selfs ons sondes gebruik die Here vir goed, want as Hy ons daaraan herinneer is dit om vir ander vrouens bediening te gee.

Die sleutel vers wat die grondslag van ons geloof is, “Toe ons nog sondaars was!” (Romeine 5:8). Jesus het nie gesterf omdat ons goed was of selfs gedeeltelik goed was nie, nie een van ons was onskuldig aan sonde nie. Nee. Dit is toe ons sondaars was, dit is toe dat Hy ons lief genoeg gehad het om vir ons te sterf!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui