“My juk is sag en
My las is lig”
—Matteus 11:30
As ‘n Christen, sal ek en jy elkeen tye in ons lewens tegemoet gaan wanneer al wat ons wil doen, is opgee. Geen beroemde man of vrou van wie ons gelees het, maak nie saak hoe edel, het nie die gevoelens of gedagtes van opgee ervaar nie—nie een nie. Selfs Jesus, op Sy knieë, met bloed wat van Sy voorkop af drup, het God gevra of daar ‘n “ander manier” was behalwe die kruis toe Hy daardie aand in Getsemane gebid het. Dit is natuurlik, en dit word selfs verwag om hierdie gevoelens te hê.
Die verskil tussen diegene wat later as “beroemd” beskou word, teenoor diegene wat nooit die bladsye haal wat ons as Christene lees vir aanmoediging nie, is wat daardie persoon met die gedagte of gevoel van opgee doen. Diegene wat moontlik tot grootheid geroep is, dié van wie ons nooit weer hoor nie, is diegene wat op daardie gedagtes en gevoelens reageer—en terugdraai, Tog diegene wat aangaan, soos Jesus, is diegene wat op Iemand en iets groter staat maak om hulle deur te dra. LIEFDE. “God het die wêreld so liefgehad…” (Johannes 3:16).
Die man wat die meeste van die Nuwe Testament geskryf het, die apostel Paulus, het baie te sê gehad oor opgee. Hy het uiteindelik gesê, “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.” (2 Timoteus 4:7-8).
Moes hierdie man, Paulus, so baie verduur en deurgaan om vir ons so ‘n hulp te wees? Eendag, terwyl hy homself teen die Korintiërs moes verdedig, het hy dit gesê, “’En nou praat ek asof ek van my verstand af is: ek nog meer! Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, en een maal is ek met klippe gegooi, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek ‘n dag en nag in die oop see deurgebring.’
‘Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene, gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.’
‘Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is?’” ( 2 Korintiërs 11:23-29).
Meeste van ons sidder wanneer ons aan die teëspoed dink wat ons moet verduur om in staat te wees om ander te help met ons getuienis. Wanneer dit daarop neerkom, tensy ons iets daaruit kry, sal meeste van ons eenvoudig opgee en terugdraai. Om eerlik met jou te wees, wat ek “gehoop” het ek sou kry uit my teëspoed op my reis was ‘n vers waaraan baie Christen leiers vasklou wanneer hulle wil hê Jesus moet vir hulle sê, “Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf!” (Matteus 25:21). Tog, selfs daardie gedagte motiveer my nie nou meer nie—om nie te wen nie, nie eers die prys wat die Apostel Paulus gebruik om jou en my te motiveer nie (en ek was nog altyd ‘n mededingende persoon). ‘n Deel van die rede is dat ek verkies dat my Man die Een is wat my groet, nie as Sy “goeie en getroue” slaaf nie, maar my omhels soos ek my Bruidegom voorstel om te doen―my optel en rondswaai tussen die wolke wanneer ek die aarde verlaat en Hom ontmoet.
Paulus het ook gesê, “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike” (1Korintiërs 9:23-25).
Weereens, probeer Paulus my en jou motiveer terwyl hy aan die Filippense skryf, “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuienisse rondom ons het [onthou dat dit letterlik beteken die mense in jou lewe wat “aanskou” en dophou hoe jy hoe lewe anders leef], laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie” (Hebreërs 12:1-3).
Alhoewel baie van julle hierdie vers in Hebreërs gelees het, het ek ‘n ander weergawe in Die Boodskap Bybel gevind wat lyk asof dit vanoggend net ‘n bietjie beter pas.
“Die lewe is soos ‘n wedloop. Op die pawiljoen het ons ‘n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het. Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop. Laat ons dan ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop. Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie. Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het. Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel. Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie” (Hebreërs 12:1-3 Die Boodskap).
Weereens, alhoewel ek daarvan hou om myself te verbeel dat ek langs God sit, doen ek dit deur my te verbeel ek sit by my Man, aan Sy sy. As ‘n vrou, is ons gebore en geskape om na hierdie soort liefde te hunker, nie die selfsugtige, self-gesentreerde, self-dienende liefde van die menslike geslag nie―ligjare en planne bo wat die meeste kan dink.
“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in ewigheid. Amen” (Efesiërs 3:20 Afr 83).
“God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie” (Efesiërs 3:20 Die Boodskap).
Analogie Van ‘n Volmaan-Getuie
Terwyl ek na die volmaan buite my venster kyk, het ek gevind dat ek met die Here praat soos wat ek altyd doen. Omdat dit Sondag was, het ek myself geforseer om van my rekenaar af te bly om die broodnodige rusdag saam met Hom te neem. Wat ek myself gevind sê het, is dat die volmaan soos ons is wanneer ons Hom as ons Son, Sy Seun, in die gesig staar, wanneer die wêreld ons nie blokkeer of in die pad kom van hoe ons ons lewens leef nie. Die skoonheid, en die wonderlike deel van hoe God hierdie heelal geskep het, is dat al skyn net ‘n stukkie van Sy lig op ons lewens, die res geblokkeer deur die baie dinge van die wêreld, kan ons halfmaan selfs dan diegene lok wat na ons lewens kyk―hoop soek.
Opgee:
Terugdraai teenoor Oorgee
So, ja, ek het in werklikheid op die plek gekom waar ek wou opgee, maar toe besef ek dat wat ek ook al gedoen het om my moegheid te veroorsaak, en daartoe gelei het dat ek wou opgee, die gevolg was van my wat te veel van die las dra―die laste wat vir Hom gegee moes word! Laste van planne maak of dink of enigiets anders wat ek gedoen het, wat my begin af trek het. Om by die oorweldigende gevoelens te kom van opgee, wys vir my en jou dat ons moet opgee, sodat ons gedraai kan word om alles oor te gee aan die Een wat wag om daardie laste te vat wat Hy wil hê ons moet opgee―Nee, nie om terug te draai nie―maar sodat ons kan besef dat Hy ‘n Heer is, ‘n Krygsman, ‘n Voorsiener en enigiets anders wat ons nodig het, eerder as om dit self te doen.
Lees wat die Here vir jou sê “Voel jy moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe. Kom wy jou lewe aan My toe. By my sal jy weer die sin van die lewe ontdek. Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te lewe nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees” (Matteus 11:29-30 Die Boodskap). Die Here wil en is toegerus om die swaar laste te dra, selfs die kleintjies wat ons dink ons kan hanteer.
So dikwels is die laste wat ek ervaar, te wyte aan die feit dat ek gejuk word aan ander mense se begeertes of eise aan my, en waarskynlik selfs meer gereeld, dit is te danke aan die juk wat ek op myself gesit het, begeertes en eise of volmaakthede wat ek op myself gesit het.
Luister weer na wat Hy vir jou sê, “Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matteus 11:29-30). SY juk is altyd sag en lig. So wanneer ons voel asof ons wil opgee, gee daardie moeisame juk op en verruil dit vir Syne—sag en lig—waar ons rus vir ons siele sal vind.
Die rede hoekom Hy my gelei het om hierdie hoofstuk te skryf, glo ek, is omdat ek vanoggend nog ‘n brief gekry het van ‘n vrou wat geskryf het om my te laat weet dat sy opgee. Ek kry so baie briewe van vrouens wat opgee, alhoewel ek glo dat daar vele meer is wat opgee maar nooit aan my of RMI skryf nie.
So, vir almal van julle wat wil opgee, of die handdoek ingooi, ‘n makliker pad vind, DOEN dit asseblief. Maar eerder as om terug te keer na jou ou lewe toe of iets wat die wêreld jou met graagte sal bied (en meer pyn veroorsaak), sit waar jy is OF nog beter, hardloop en gooi jouself in Sy wagtende arms. Laat Hy jou styf vashou en verseker dat alles wat jou moeg gemaak het, glad nie Sy juk is nie.
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag” (Psalm 23:1-3). Dan gedurende die tyd wat jy in daardie sagte groen weivelde rus, langs die waters van vrede, kan julle alles saam uitsorteer wat jy nodig het om vir Hom te gee.
Dit was net twee dae gelede wat al waaraan ek heeldag kon dink, was dat dit alles, alles waardeur ek gegaan het en nou deurgaan (en wow, dinge was onlangs moeilik en lyk asof dit elke dag moeiliker word), is vir net een rede—om Hom te ken, om aan Hom gejuk te word en dit alles toe te laat as Sy manier om my te wys hoe om my lewe anders te leef. Oorvloedig te leef. Daar is geen ander manier om hierdie waarheid te leer ken nie.
Niks anders maak saak as om Hom persoonlik te leer ken en jou lewe te leef, aan Hom gejuk nie―niks in my lewe, niks in jou lewe (selfs nie as dit nie is hoe jy voel of dink nie).
Vir diegene wat lof wil hoor “wel gedaan,” onthou, ‘n trofeë raak stowwerig, lof staak om dieselfde te voel, aansien en faam kom teen ‘n prys. Dit is hoekom dit weereens belangrik is dat ons verstaan dat daar net een ding is wat diegene gemotiveer het na wie ons nou kyk vir aanmoediging, daardie individue wat eendag beroemd word—dit was omdat deur alles, hulle Hom leer ken het.
Soos wat Paulus gesê het, deur Die Boodskap Bybel geparafraseer, “Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ‘n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus my Here [my Minnaar] leer ken het. Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander. Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame. Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ‘n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak. Dit was nie omdat ek so mooi na die wet geluister het nie, maar omdat ek Jesus vertrou. Vrede en goeie verhoudings tussen God en en mens word ervaar deur almal wat in Jesus glo. God sorg daarvoor” (Filippense 3:7-9 Die Boodskap).
Laat my afsluit deur jou te verseker van hierdie een feit wat ek geleer het deur die Oorvloedige Lewe te Leef, “My beminde is myne, en ek is Syne . . . toe kry ek die man wat ek liefhet; Ek het Hom vasgegryp. Ek het hom nie weer laat los nie . . . die liefde verteer my” (Hooglied 3:2-4; 5:8).
Ek moet erken jare gelede het ek altyd opgegee wanneer dinge vir my te veel word, maar ek het dit nie alles oorgegee aan die Here nie. Dit het my baie lank gevat om tot hierdie punt te kom wat ek besef, ek hoef nie enige las dra nie. En die beste van alles is, ons kosbare Here wil dit vir ons dra, is dit nie fantasties nie!
En nie net is Sy las lig nie, Sy onbeskryflike liefde is al liefde wat ons werklik kan vervul. Vir so lank het ek na ‘n aardse man se liefde gehunker en ek was nooit vervul nie, maar nou dat ek my Liefling Here se liefde ervaar is dit waarna ek hunker, want net Sy liefde vervul my en gee my die vrede wat alle verstand te bowe gaan en ek wil hê elke stukkende gebroke vrou moet daardie liefde ervaar.
Kosbare liefste vrou gee op en alles aan ons kosbare Here en hunker net na Sy liefde, daardie liefde wat jou werklik gaan vervul en jy gaan die sin van die lewe saam met Hom ontdek.