“Waar liefde is, is daar geen vrees nie

en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie”
—1Johannes 4:18

 

Iemand wat vermoed dat hul eggenoot hulle verneuk, verkies ‘n hoĂ«r vlak van snuffel deur op hul eggenoot te spioeneer of hulle te agtervolg. Sjoe, wat ‘n slegte en fatale besluit is dit nie! Van die hartseerste stories wat ek hoor is wanneer ma’s of pa’s hul eie kinders saam met hulle neem wanneer hulle hul eggenoot agtervolg na die woonstel van die AV of AM. En asof dit nie genoeg is nie, neem sommige selfs hulle kinders saam na die deur toe om hul eggenoot te konfronteer—om te sien hoe hul eie ma of pa op heterdaad saam met die ander persoon betrap word en die bakleiery wat daarmee gepaard gaan, sal iets wees wat kinders nooit vergeet nie! Praat van jou kinders lewenslank beskadig; wat ‘n duidelike prentjie wat by hulle sal spook!! En dit omdat jy nie anders kan as om soos ’n malman of histeriese vrou op te tree nie—dit is PYN. Dink aan ‘n dier wat geskiet word
hy hardloop mal rond, buite beheer.

Ek was eenkeer die eerste persoon wat op ‘n aaklige motorongeluk afgekom het. Die een seun het mal rondgeharloop toe hy sy neef sien en seker was dat hy dood of sterwend was. Later het ons uitgevind die seun wat rondgeharloop het, het twee gebreekte bene gehad! Ek het ook, tot my afgryse, ‘n seun van ons hoĂ«rskool gesien wat deur 'n motor getref en deur die lug geslinger was. Later het ek uitgevind sy been was op vyf plekke gebreek en sy heup was vergrys, tog kon hy as gevolg van skok, nog hardloop!

Emosionele pyn sal dieselfde ding doen. So, soos wat ek met daardie jong seun gedoen het, wil ek jou aanmoedig om te gaan sit en kalm te bly, want ek verseker jou dat alles in orde sal wees. Jy sal hierdeur kom, maar moenie meer skade veroorsaak as wat alreeds aangerig is nie.

Al hierdie reaksies is presies wat die wĂȘreld sal doen en selfs vir jou vertel om te doen! Soos ek gesĂȘ het, ek het in hierdie strik getrap en jy mag ook alreeds die aas gevat het. Maar as jy nie het nie, of jou vriend/vriendin het nie, maak seker hulle luister na wat sal gebeur as hulle dwaaslik hul man of vrou konfronteer met wat hulle weet of vermoed.

Weereens, laat ek jou vertel toe my man die eerste keer ontrou was (gedurende die eerste herstel), het ek die fout gemaak om vir my man te sĂȘ dat ek geweet het hy woon saam met 'n ander vrou. Ek het geweet hy bly saam met iemand want die vyand het “aas” gelos (wat hy altyd doen) van iets wat “vreemd” gelyk het, wat my laat vermoed het daar is iemand.

Toe ek vir my man gesĂȘ het dat ek weet, het hy gehuil, gesĂȘ hy was jammer, maar het vir nog ‘n jaar saam met haar gebly! Maar dit het nie ‘n einde gemaak aan wat hy gedoen het nie, ek het basies my man op ‘n silwer skinkbord aan die AV gegee—en sy het dit ten volle benut.

Van daardie oomblik af moes my man vir my sĂȘ dat hy nie kan bly nie, dat hy hom moes haas huis toe, na haar toe! Slegs ‘n dag vroeĂ«r sou hy rondhang sodat ek nie sou vermoed dat hy saam met iemand gebly het nie. O, wat een dwase besluit  kan doen!

So, is daar ‘n goddelike manier wanneer jy uitvind dat jou man ontrou is in sy huwelik aan jou? Ja. Laat ek dit weer met meer detail deel.

Hierdie keer, jare later, was ek baie meer voorbereid. Ons beradingspastoor het verskeie kere gedurende ons beradingsessies (o, God help ons!) vir my gesĂȘ dat daar geen twyfel was dat my man “weereens” betrokke was  by ‘n ander vrou nie, maar ek het aangehou om vir hom te sĂȘ dat hy was verkeerd was. Op dieselfde dag het my suster vir my dieselfde ding gesĂȘ: “Hey, hy het ‘n patroon met owerspel, moenie so dom wees nie.” Maar ek het weer gesĂȘ dat sy haar misgis het.

Later daardie dag kon ek egter daardie woorde (van my suster en bedieningspastoor) in my ore hoor weergalm, wat veroorsaak het dat my gees vrees (gevoel) begin ervaar het. Maar eerder as om my vrees te ignoreer of daarvoor in te gee, het ek dadelik opgestaan en na my gebedshoekie toe gegaan, om alleen saam met die Here te wees, sodat ek weer vrede kon vind. Ek het soontoe gegaan om beter te voel, maar toe spoor die Heilige Gees my aan om te vra of owerspel waar was.

Die oomblik toe ek gevra het (my verstand het gesĂȘ: “waarom vra as jy weet dit is nie waar nie?”), het die Here, altyd so liefdevol en sag, aan my geopenbaar dat dit waar was deur elke ontmoeting wat hy met haar gehad het in my gedagtes vir my te wys. Hy het selfs  vir my gesĂȘ wat haar naam is en het vir my die foto gewys van toe ons almal twee jaar gelede bymekaargekom het vir my man se reĂŒnie!

“Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.” (1 Johannes 4:18)

Laat ek jou weer herinner, gaan na Hom toe as jy enige vrae het. Ek het vir Hom gevra hoekom ek nie besef het wat aangaan nie? Dis toe dat Hy vir my gesĂȘ het dat dit was omdat ek geloof  soos ‘n kind gehad het, en dat ek my oĂ« op Hom gehad het. Hy het nie met my baklei omdat ek “dom of naĂŻef” was nie. In plaas daarvan het Hy my beskerm teen enige pyn en gewag sodat Hy dit self vir my kon wys, toe ek moes weet wat aangaan. En omdat ek my oĂ« net op Hom gehou het, toe ek vertel was—was Hy die Een wat my vertel het—sodat Hy ook volmaakte vrede saam met die nuus kon bring om die normaalweg vernietigende waarheid te vergesel.

Later daardie aand en gedurende die volgende paar dae, het die gedagte aan wat ek geweet het (dat daar weer ‘n ander vrou en owerspel was) probeer om my te oorweldig met vrees en om my hart te skud. Maar by die heel eerste teken daarvan, sou ek alleen by die Here kom en Hom weer vir my vrede soek. Gewoonlik het Hy my aangespoor om vir Hom te vertel hoe ek oor Hom voel, waarop ek sou reageer: “Here, U is al wat ek wil hĂȘ, U is al wat ek nodig het, U is die enigste Een vir wie ek lewe!” Hierdie ontmoeting sou my vrees vervang met oorvloedige vrede! Ek sou my gebedskas verlaat en vernuwe voel, wetend dat ek ook ‘n Minnaar het wat nie sondig was nie, maar wat was waarvoor ek ontwerp is—Sy Bruid!

Dit was amper drie weke later dat my man aangekondig het dat hy “iemand” sien. Die aankondiging het sonder waarskuwing gekom, maar God het my voorberei aangesien ek al klaar geweet het dat hy iemand “sien,” aangesien Hy my drie weke vantevore daarvan vertel het. My man het nie bely dat hy by haar betrokke was voor hy die egskeiding aanhangig gemaak het nie, maar ek het nie nodig gehad om dit van hom af te hoor nie, want die Here het my reeds die volle waarheid vertel.

Dit was omdat God my voorberei het dat ek nie geskud of selfs gebewe het nie! In plaas daarvan, toe hy bely dat hy “iemand” sien, het ek vir hom gesĂȘ hoe wonderlik dit vir hom was om so vinnig iemand te kry, dat ek seker was dat hulle gelukkig sou wees, en het selfs sonder om te dink haar naam paar keer gesĂȘ, al het my man nie een keer haar naam genoem nie! Prys die Here hy het nie van die pad af gery toe dit uit my mond geglip het nie—hy was duidelik geskud—terwyl ek daar gesit het en so geliefd en gekoester gevoel het deur die Here.

Nie net was my man in skok toe ek die AV se naam gesĂȘ het nie, want ek het haar naam aanhoudend oor en oor gesĂȘ. Sonder om te weet het die noem van haar naam sonder trane eintlik my man seergemaak, aangesien dit aan hom bewys het dat ek regtig nie omgee nie—God het die situasie omgekeer! Gewoonlik sit ons wat verneuk word daar seer en verpletter, terwyl ons eggenoot daar sit en vir ons vertel hoe lief hulle vir iemand anders is en nie vir ons nie! Maar as jy dinge op God se manier doen, het Hy ‘n ander plan.

My man was so seergemaak, want tydens my eerste “rondte met sy owerspel,” het dit my so vreesbevange gelos dat hy geweet het ek kon nie eers die AV se naam sĂȘ nie, selfs net om te hoor iemand anders sĂȘ haar naam, het gemaak dat ek wou opgooi—vir jare! Aangesien hy my byna vyf jaar in die bediening sien werk het voordat hy weer weg is, het my man hierdie hele storie geken wat ek met baie vroue gedeel het toe ek aan hul bediening gegee het. So deur haar naam te sĂȘ, wat ek nie beplan was om te doen nie, het die pyn my hart verlaat en in syne ingegaan.

Hierdie keer het God my ‘n groot voordeel gegee, so in plaas daarvan om verdedigend te wees, was ek in staat om die offensief te neem: Offensief beteken egter nie om aanstootlik of op die aanval te wees nie. Dit beteken bloot dat ons nie die verdedigingsposisie inneem nie: gekneus in ‘n hoek sit, verskrik of woes rondhardloop in pyn en dwase dinge doen nie.

So, of jy agterdogtig is dat daar iemand anders is, of veral as jy ‘n vriend/vriendin, medewerker, moeder, vader, broer of suster het wat hierdeur gaan en agterdogtig is (of as mense jou dinge vertel), deel asseblief my getuienis en die wysheid met hulle sodat hulle “die goeie stryd (geestelik) kan stry en die wedloop voltooi” (2 Timoteus 4:7)!

God weet alles—reg? En Hy sal jou getrou vertel, ooit so sagkens, wat aan die gang is op presies die regte tyd, en Hy sal dit liefdevol doen sodat jy nie seerkry daarvan nie! Wanneer ons dinge volgens Sy wil doen, sal ons die seĂ«ninge maai te midde van al die beproewings wat meeste mense vernietig—veral Christene!

“In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hĂȘ as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hĂȘ.” Jesaja 61:7

So baie Christene is onkundig oor Sy weë. Hulle kyk na dinge en reageer op presies dieselfde manier as die mense wat nie gelowiges is nie. Wanneer boosheid meer intens word, en dit lyk asof hulle eggenoot of gewese eggenoot floreer terwyl hulle getref word deur allerhande goed van elke kant af, begin hul twyfel in God se vermoë om hulle te help en keer terug om dinge vir hulself te doen. Hoe dwaas!

Hier is ‘n beginsel wat alle Christene moet ken en naby hul harte moet hou regdeur hul lewe en iets wat hulle vir hul kinders moet leer:

Wanneer jy ook al sien hoe goddeloosheid toeneem, beteken dit slegs dat die boosheid nader kom om VIR GOED uitgewis te word.

“Wie dit nie besef nie, is ‘n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word.” Psalms 92:7-8

Ja, daardie sonde vir goed uitgewis!!

Mag hierdie belofte naby jou hart bly, jou voetstappe lei en jou optrede beheer.

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Janine Saaiman LMF

Kosbare bruide asseblief bly kalm, niks maar niks het ons kosbare Here onkant gevang nie, nie eens jou eggenoot se ontrouheid nie. Ek weet dit voel dalk so, maar ek belowe jou dit het nie. Los asseblief alles in die Here se hande, jy hoef geen spioenasie of agtervolging te doen nie, dit het in elk geval net seer nagevolge wat jou nerens gaan bring nie en daarvan kan ek getuig. Ek moet erken ek het spioenasie en agtervolging gedoen en dit het geen maar geen positiewe nagevolge gehad nie. Vandag is ek ongelooflik spyt daaroor.

In plaas van spioenasie en agtervolging, spandeer eerder jou tyd met ons kosbare Here, Hy weet in elk geval alles klaar en as Hy voel jy is reg om te weet sal Hy dit aan jou openbaar en glo my as Hy dit aan jou openbaar, gaan jy Sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan ervaar. Terwyl ek gespioeneer het en my man geagtervolg het, het ek nie een keer vrede ervaar nie, ek was oorweldig deur vrees. En ek weet ons kosbare Here het toegelaat dat ek die foute maak om elke vrou wat hier lees te kan waarsku, dis die grootste foute wat jy kan maak.

Plaas al jou vertroue in ons kosbare Here en kyk eerder wat Hy doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui