Wat 'n belangrike beginsel is dit net nie! HY LEI MY!
Ek hoef nie bekommerd te wees nie, want Hy lei my. Ek hoef nie te wonder wat in die toekoms gaan gebeur nie, want Hy lei my. Ek onthou jare gelede toe my man my gelos en geskei het, het ek gewonder wat van my en my kind gaan word, maar vandag kan ek met die grootste getuienis se dat Hy my gelei het. Dit is een van die wonderlikste versekeringe, beloftes wat die Here ons gee: HY LEI MY.
Asb luister na hierdie treffende podcast van Erin wat Adina op Love@Last gedeel het en maak die beginsel deel van jou hele wese: HY LEI MY: