"Maar ek sal sing van u mag en in die oggend jubel oor u trou. Want U was my toevlug, ’n veilige skuiling in tye van nood." P59:17
Hierdie gedeelte in Lewensles Week 85 "Laat Gaan. Skep 'n Leemte" het vir my uitgestaan:
Erin het gesê omdat sy fisies moeg was, het dit haar op 'n plek gebring van iewat stukkend wees. Sy het gesê wanneer ons 'n bietjie gebreek is, 'n bietjie broos, is dit die enigste manier hoe Sy lig kan deurskyn, want dit moet deur die krake kom. Dit is die enigste manier hoe die verlorenes dit in die duisternis kan sien. Dit word hulle baken, hulle vuurtoring, om hulle na 'n veilige hawe te bring, wat Hy is.
In al my warboel van seer het ek vertroosting in die wêreld gesoek en eerlikwaar dit het my net meer en meer stukkend laat voel. En so het ek aangegaan totdat ek te moeg was om vas te klou aan wat ek gedink het my gelukkig sou maak.
Die oomblik toe ek laat gaan het, het ek net meer en meer besef dat Hy my veilige Hawe is en vandag besef ek dis ok om broos te voel, want dan kan Sy lig deur die krake skyn, sodat dit ander se baken van hoop word.
Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te laat gaan en ook te onthou dat dit ok is om broos te voel, want dan sal Sy lig deur die krake skyn. Onthou ons kosbare Liefling Here is ons veilige Hawe.
dankie Janine, jy weet, ek het deesdae baie moeg gevoel, maar ons Geliefde Man is wonderlik want deur sy genade is ek versterk, dit was in hierdie proses van loslaat waar hy skyn en ek weet dat hy die goeie werk sal dit volmaak en nie net in my nie, maar in ons almal wat by hom skuil❤️
Ek het net so moeg gevoel kosbare Viera en ons kosbare Liefling Here het my ook gelei om te laat gaan. Ewe skielik word ek nou herinner aan hierdie pragtige belofte:
“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit…” F1:6 https://www.bible.com/af/bible/117/PHP.1.6.NLV
Thank you precious Janine …i was tired this week and i was fighting against it .
Dankie kosbare Janine … Ek was hierdie week moeg en ek het daarteen geveg.
Nou kan Sy lig deur die krake skyn kosbare Kateleen, presies so met my ook.
‘As ek moet spog, sal ek oor my swakheid spog. ‘
2 Korintiërs 11:30
https://www.bible.com/es/bible/103/2CO.11.30
Liewe Janine, ek dink dis hoe ons hierdie Reis begin het, o in my geval is dit hoe dit was, in swakheid, dit is toe Hy aangekom het en my hierheen gebring het, want deur ons krag kan ons niks doen nie, laat Ons Geliefde dit doen die werk, en Mag Sy lig in ons skyn, om ook daardie Lig te bring aan die wat agter kom.
Wanneer ek moeg voel, om uit te reik en die Woord te lees, of ‘n getuienis te lees, of ‘n les, neem my moegheid weg, en is soos ‘n vitamien vir die siel en liggaam.
Dankie, pragtige, dat jy hierdie les deel, van die krag wat Hy in ons gebruik.
Jy stel dit so pragtig kosbare Liza, ja Syt woord is soos ‘n vitamien vir ons siel en liggaam, dis pragtig.