"En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." F4:19
Ek wil graag vandag ‘n lofprysing deel oor hoe God my geseën het in my finansies. My eggenoot het onlangs ‘n werk in Kaapstad gekry — iets waarvoor ek lank gebid het, want sy vorige werk was baie intens en het hom emosioneel uitgeput. Ek het die Here vertrou om vir hom ‘n beter werksgeleentheid te voorsien, en Hy het voorsien!
Maar waaroor ek vandag spesifiek die Here wil prys, is wat gebeur het die aand voor my eggenoot Kaap toe getrek het. Hy het my gevra of ons asseblief die laaste aand saam kan spandeer, sodat ons rustig kan kuier en hy mooi vir ons dogtertjie kan bye sê.
Hy het my toe eenkant toe geroep en vir my gesê hy wil graag sy kar vir my los as ‘n geskenk. Hy stel voor ek verkoop my kar wat ek nou het, en die geld wat ek vir my kar kry my skuld daarmee afbetaal — en wat oorbly, vir myself hou. Ek het in trane uitgebars van dankbaarheid, en hy het saam met my gehuil.
Wat hy nie geweet het nie, is dat ek vir God gebid het oor my skuld. Ek het vir die Here gesê dit voel asof my skuld my dooddruk, en ek het alles vir Hom oorgegee. Ek het Hom gesmeek om vir my ‘n uitweg te gee — ek het net nie geweet hoe nie.
Maar dames, God het altyd ‘n plan. Nie net het Hy voorsien nie, Hy het selfs beter voorsien: ek sit nou met ‘n nuwer kar as wat ek gehad het, en ek kon my skuld afbetaal! Alle eer aan Hom!
Hoe mooi het dit my hart aangeraak hoe God ons harte aanraak met Sy liefde en Sy sorg vir ons en ons geliefdes, dat alhoewel hulle nie sien en nie verstaan nie, ons presies weet wie dit is wat werk.
“En hierdie selfde God wat vir my sorg, sal voorsien in alles wat ek nodig het” Fil 4:19 https://www.biblegateway.com/passage/?search=filipenses%204%3A19&version=NTV
Wow dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Mila. Hierdie getuienis maak my sommer net opgewonde oor ons Geliefde Here se voorsiening, is Hy nie net die Beste nie!