ANDER TALE

Ons vra dat u asseblief hierdie bladsy deel met elke ouer wat u ken! "van elke nasie, stam, volk en taal” Die Openbaring 7:9, "Met die oog op ,n tyd soos hierdie" Ester 4:14


Haar "Trouklere"
'n Allegorie
deur Erin Thiele

Sy "Trouklere"
'n Allegorie

deur Erin Thiele

Een pragtige helder sonnige oggend, was ‘n pragtige baba dogtertjie gebore. Haar ouers was verheug. Die dag wat sy gebore is, het haar ouers ‘n spesiale geskenk vir haar toegedraai want “wie ‘n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here.” Die geskenk was nie regtig vir haar nie, maar vir haar man wat sy baie jare later sou ontmoet en mee trou.

Toe sy net ‘n klein dogtertjie was, het haar ma en pa vir haar gesĂȘ dat hierdie spesiale geskenk beskerm moes word, om veilig bewaar te word vir haar troudag. Hulle was dus baie versigtig met wie sy gedurende haar jongmens jare omgegaan het. “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes.’”

Tyd het baie gou verby gegaan terwyl die klein dogtertjie gegroei en ‘n pragtige jong vrou geword het. Een lentedag was die jong meisie aan die man van haar drome voorgestel. “God kan enigiets doen, jy weet—ver meer as wat jy jou kan indink of raai of vra in jou wildste drome!”

Beide sy en haar ouers het geglo dat hy ‘n goeie Christen was en hulle het geen aanduiding gehad dat hy enigiets minder was as wat hy voorgegee het om te wees nie. Die jong paartjie, so verlief, het summier haar pa se toestemming gevra om met haar te trou en die planne vir die bruilof het begin.

Die pragtige jong vrou het gestraal van opgewondenheid terwyl sy gedink het aan die kosbare geskenk wat binnekort aan haar aantreklike bruidegom gegee sou word. Vir jare het sy haar spesiale en duur geskenk versigtig weggesteek. Maak nie saak hoe ander probeer het nie, niemand het al ooit haar geskenk gesien nie, so versigtig was dit van almal weggesteek.

Die spesiale dag het uiteindelik aangebreek. Die bruilof was pragtig. Opgewondenheid was in die lug. Die blomme, die koek en die pragtige troudrag—alles was perfek.

Gou was die groot geleentheid verby, maar vir hierdie jong vrou het die afwagting nog steeds vermeerder. Die oomblik waarvoor sy gewag het, van gedroom het, was op die punt om plaas te vind. Die jong getroude paartjie het by die ontvangs van ‘n duur hotel geregistreer en hulle was na hulle kamer toe vergesel.

Die bruid het vir haar pragtige jong man geglimlag terwyl sy op die voetenend van hulle troubed gesit het. Haar gedagtes was by die geskenk wat sy binnekort aan haar baie spesiale minnaar, haar man, sou gee.

Tog, vreemd genoeg, haar nuwe man se uitdrukking was snaaks, sy aandag was afgelei, hy het bekommerd gelyk. Maar niks kon hierdie oomblik vir hulle bederf nie, of so het sy gedink. Met opgewondenheid gereed om uit te bars, het sy vir haar senuweeagtige man gesĂȘ om daar te sit en wag terwyl sy sy geskenk gaan haal.

Gou het sy na hom toe geloop en die pragtigste toegedraaide geskenk vasgehou. Die papier was mooier as die dag wat dit toegedraai was. Dit was goud en wit met vonkels van helder, glinsterende silwer wat soos sterre geskyn het.

Versigtig, met bewende hande, het hy begin om die geskenk oop te maak. Maar in plaas van vreugde, het sy gesig ‘n swaar hart gewys. Terwyl hy die delikate sneespapier teruggevou het, het hy die pragtigste aandpak gesien wat hy nog ooit gesien het. Dit was perfek vir sy gespierde liggaamsbou: die materiaal, die snit, die fluweel lapelle, elke detail was liefliker as enigiets wat hy nog ooit gesien het. Terwyl hy in die gesig van sy dierbare jong vrou gekyk het, het hy trane van blydskap gesien wat teen haar pragtige wange afrol. Want sy was getrou aan haar beminde man voor haar troudag, en nou, het haar hart oorgeloop van ekstase.

Soos die gebruik was, was dit nou sy beurt om sy geskenk aan haar voor te lĂȘ. So opgewonde was hierdie jong bruid oor die gee van haar geskenk, dat sy amper vergeet het dat sy, ook, ‘n geskenk sou ontvang. Tog het dit gelyk of haar jong man ongemaklik was, sy oĂ« vasgenael terwyl hy na niks gestaar het, maar doelbewus het sy oĂ« nooit hare ontmoet nie. Ongedeerd het sy sy sterk hande in hare geneem en met net haar oĂ« en ‘n glimlag, het sy hom aangemoedig om sy trougeskenk vir haar te bring.

Stadig en doelbewus, het hy na die kas toe geloop en met ‘n boks te voorskyn gekom. Toe sy dit die eerste keer sien, was sy so verstom dat die glimlag op haar stralende gesig vasgesit het. Toe het die werklikheid getref, en haar onskuldige gesig het ‘n pynlike moedelose voorkoms aangeneem. Sonder dat sy oĂ« hare ontmoet, het hy sy geskenk op die bed langs haar neergesit; hy was so skaam, hy kon dit nie in haar hande gee nie.  

Saam het hulle in stilte gesit totdat sy die geloof gehad het om die lot wat voor haar gelĂȘ het, te aanvaar. Sy het die geskenk opgetel en kon dit regkry om effens en pynlik te glimlag. Die geskenkpapier was geskeur en gevlek en het skaars die boks toegemaak. Die lint was ook uitgerafel, flenters, en verslete. Dit het baie min inspanning gekos om die geskenk oop te maak; die papier het eenvoudig op die vloer geval en ‘n gehawende boks is blootgestel.  

Toe sy die boks oopmaak, was daar nie meer sneespapier wat die inhoud van die boks bedek het nie. En daar, alleen onder in die boks, het ‘n baie vergeelde en geskeurde trourok gelĂȘ. Sy kon sien dat dit eens op ‘n tyd ‘n vleklose suiwer wit was, maar nou was dit vergeel, gevlek, geskeur. Die knoppies van duur pĂȘrels het nou ontbreek of het net aan draadjies gehang.    

Trane het haar visie vertroebel. Bewend, het sy die geslete kledingstuk geneem en sonder ‘n woord aan haar man, het sy na die volgende kamer toe geloop om haar stukkende en verslete trourok aan te trek, terwyl sy hom alleen gelaat het met sy duur, perfekte aandpak.

Binne ‘n paar pynlike minute, het sy en haar nuwe bruidegom, arm-in-arm, die hotelgang afgestap, oppad na hulle spesiale trou dans. Terwyl hulle in die hysbak gestaan het, haar oĂ« op die vloer vasgenael, kon sy hoor hoe die mense agter haar rug fluister.

Terwyl hulle in die balsaal ingestap het, het die gaste in stilte gestaan—daar voor hulle het die pasgetroudes gestaan. Toe die musiek begin het, het afgryse op haar ouers se gesigte verskyn. Terwyl sy haar man se hand geneem en omgedraai het, kon hulle haar hele uitrusting sien. Soos wat sy beweeg het, het haar trourok uitmekaar begin val en ‘n knoop het op die dansvloer geval, tot almal se afgryse of vermaak.

Baie van die jong vroue het gelag, vinger gewys en fluisterend vir mekaar vertel van die kere wat hulle die einste trourok aangehad het. Hulle het in die hoek bymekaargekom om hul stories te deel en het dikwels opgekyk om die oog van die bruid te vang wat rooi was van skaamte en vernedering. Die jong bruidegom het ook ‘n blik van skaamte en vernedering op sy gesig gehad. Sy aandpak was manjifiek, tog as gevolg van sy onreinheid, kon hy dit nie geniet om dit te dra nie. Hy het geweet hy het geen reg om so ‘n duur aandpak te dra terwyl sy wonderlike en getroue jong vrou flenters gedra het nie. Hy kon die oĂ« van haar ouers voel soos wat hulle agter sy nek gebrand het. Hy kon die volslae walging en skok wat hulle moes gevoel het, terwyl hulle na die man gekyk het wat hulle almal bedrieg het, aanvoel.   

O, hoe hy gewens het hy kon teruggaan. Teruggaan na die tyd toe hy begin het om die gedagte te vermaak om sy geskenk aan sy eerste “regte” meisie te gee. Die oomblik toe dit die eerste keer oopgemaak is, was dit baie maklik om die eens kosbare geskenk ‘n tweede en derde keer weg te gee. Nou, jare later, kan hy eerlikwaar nie eers onthou hoeveel vroue het die geskenk oopgemaak en sy vrou se trourok gedra nie, wat hy nou wens hy vir haar gespaar het—die een wat sy getrouheid verdien het. 

Sy gesig het rooi van skaamte gebrand; sy skuldgevoelens het sy hart deurboor en hom siek laat voel op die krop van sy maag. Daar was geen twyfel dat sy jong bruid altyd die een was vir hom nie, maar hy het nie gewag nie. Hy het “vir vandag” geleef 
 en nou het mîre uiteindelik gekom.

Gou het sy skande in gruwel verander toe hy gedink het aan alles wat hy verloor het: die liefde en respek wat hy eens gehad het van sy jong vrou wat hom aanbid het, sy skoonouers, selfs sy eie ouers wie nou die skande van hulle seun wie nie gewag het tot sy huweliksnag, gedeel het.

Daar sal geen terugkeer wees nie
en so, vir die volgende paar maande, het die lewe verskriklik aanbeweeg.

Sonder waarskuwing het sy sonde van ontrouheid, wat jare jare gelede begin het, voordat hy sy geliefde vrou ontmoet het, ongelooflik begin terugkom—’n vesting. Ontevrede by die huis, met sy vrou, basies ongelukkig met die lewe, het hy na sy ou maniere teruggekeer. Weerens het hy weggegee wat werklik aan sy vrou behoort het. Hy het nie meer reg van verkeerd geken nie: “sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.” Wanneer sy met haar man gepraat het, was sy “bitter en gevaarlik soos die skerpste swaard.” En erger, hy het al die rykdom verloor waarvoor hy so hard gewerk het! As hy maar net homself “bewaar het van 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie. 'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het; en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee. Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hĂœ doen so iets; slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie.”

Een donker dag was sy sonde van ontrouheid ontdek. Toe hy van die winkel af by die huis kom, het sy jong vrou hul twee jong kinders gevat en was weg. Waar? Hy het nie geweet nie. Sy het hom velaat “sonder ‘n woord.”

Met ‘n gebroke hart en ‘n lewe vernietig, het hy op die voetenend van hul bed gesit en onbeheersd gehuil. Ure later het hy nog steeds verstom daar gesit, gewonder hoe hierdie nagmerrie begin het. Die pyn was ondraaglik. Wat kon hy doen om hulle terug te kry?

Soos jy kan sien, my vriend, om “uit te gaan” is nie die manier om ‘n goeie vrou te vind nie. Dit is eintlik die oorsaak van seuns wat weggee wat hulle behoort te spaar vir die vrou met wie hulle gaan trou. Stem jy nie saam nie? Maar as om “uit te gaan” nie die antwoord is nie, behoort jy dan “hofmakery” te oorweeg.” Nadat my opinie oor hofmakery gevra was, moet ek eerlik sĂȘ dat ek nie hofmakery aanmoedig nie, aangesien hierdie metode nĂȘrens in die Bybel genoem word nie. Dit is die oplossing wat Christen ouers geskep het om “uitgaan” teĂ« te werk, maar dit het ook baie nadele en slaggate. Alhoewel die paartjie hulle fisiese intimiteit beskerm, beskerm hofmakery nie die paartjie se emosionele intimitieit nie, wat ook baie belangrik is in die huwelik. As jy die Bybel tot op die letter wil volg, dan sal ouers diegene moet wees om mans vir hul dogters te kies.  

Wel dan, hoe vind jy die regte vrou as jy kies om nie “uit te gaan” nie? Ek moedig jong mans wat ‘n goddelike vrou wil hĂȘ aan om op God, hul Hemelse Vader, te vertrou om vir hulle te kies. Dan waarborg ek jou dat jy die regte vrou op die vasgestelde tyd sal vind!

 

Epiloog

Anthony het op God vertrou en homself gespaar en dit kan ook vir jou gebeur. Hy sĂȘ
 “ek onthou duidelik toe ek omtrent vyf of ses jaar oud was en ek net geweet het dat daar net een vrou was wat ek ooit sal liefhĂȘ. Net een vrou wie ek wou liefhĂȘ. Jy gaan deur jare van twyfel en wonder of jy dinge verkeerd doen. Baie keer het ek gedink miskien is daar ‘n ander manier om te werk te gaan om ‘n vrou te vind, maar diep in my hart, diep in my siel, het ek geweet dat ek haar eenvoudig nog nie ontmoet het nie. Al daardie jare van verlange het geĂ«indig toe ek Kate ontmoet het en die verlange het weggegaan. Ek het geweet dat ek die een gevind het wat ek my hele lewe lank liefgehad het. Ek is al seker so 27 jaar lief vir Kate. Nou weet ek dit was Kate wat ek die hele tyd liefgehad het.

Dit kom al lank, maar dit is ongelooflik om te sien hoe die Here bewys dat daardie oortuigings reg was en bewys dat daardie verlangens reg was dat dit eintlik net een vrou was wat ek bedoel was om lief te hĂȘ. Dit is wonderlik en ek is so nederig omdat dit Kate was wat oortref het wat ek ooit in iemand sou wou hĂȘ. So ek is net so dankbaar teenoor die Here.” 

* Hulle het in April ontmoet en vier maande later was hulle getroud!

Anthony se moeder het sy oortuiging ook bevestig: “Anthony het vir ons oor en oor deur die jare vertel dat hy homself spaar. Ons was altyd baie dankbaar.”

Die Einde

Of

Die Begin?

Besoedeld, Geskend

Hierdie allegorie en die waarskuwing mag te laat gekom het omdat onvoorsiene omstandighede jou besoedel en geskend gelos het. Miskien het dit gebeur toe jy baie jonk was, iemand op wie jy vertrou het, het jou van jou reinheid beroof en dit het jou verward, bang, en onwaardig van die liefde wat jy verdien, gelos. 

Jy mag voel daar is geen hoop nie, en as gevolg van dit, waarom hoop dat dinge anders kan wees?

Miskien het dit later gebeur, miskien ‘n meisie op wie jy vertrou het, of miskien ieman wat jy nie goed geken het nie (of glad nie geken het nie), wat jou beroof het van iets wat jy wou spaar vir jou troudag.

Miskien het jy ingegee as gevolg van die leuns wat jy geglo het oor wat dit beteken om ‘n “regte man” te wees. Maak nie saak hoe jy by hierdie hopelose staat gekom het nie, daar IS hoop.

Sy Woord kan jou was, jou reining, en Sy liefde kan elke wond genees—en jou heel, skoon en weer waardig van ‘n prinses se liefde laat voel.

Dit begin om deur die Prins van Vrede bemin te word.

Dit is tyd om jou JOERNAAL in te vul

Begin om jou Joernale in te vul soos jy in jou dagboek sou doen, deur eenvoudig vir jou Hemelse Vader alles wat op jou hart is te vertel en hoe die storie jou gehelp het.

Onthou net wat jy hier in jou joernaal skryf mag gekies en gedeel word met meisies rondom die wĂȘreld om hulle aan te moedig (as jy ons jou toestemming gee). So maak seker jy is diskreet (versigtig met wat jy sĂȘ), maar skryf nog steeds wat op jou hart is en wat jou Hemelse Vader jou gewys het in die hoofstuk van hierdie storie.

Lees LOF đŸ™ŒđŸŒ wat Bemoedigende Vrouens op ons Bemoediger plaas oor om ‘n Hemelse Vader te hĂȘ #HV.

As jy Hom VRA, sal Hy jou wys wat om te sĂȘ. Jy kan ook jou Ma vra om te help om seker te maak.

As dit jou EERSTE joernaal is, gaan nou om Jou SN “Splinternuwe Naam.” te kry. Weereens kan jy jou ma vra om te help aangesien jou ma dalk self ‘n SN gebruik—’n naam wat sy vir haar bediening gebruik.

Ek is seker jy is baie opgewonde om te begin en ons is opgewonde om van jou te hoor, so lees elke vraag versigtig en as jy nie seker is van iets nie, kan jy op die vraag klik en ‘n grys blok sal aan die kant verskyn om jou die instruksies te wys. Jy kan ook jou ma vra om jou te wys as jy nie weet nie.

Dankie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui