HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 4 VERVOLG…

https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/

Geloof is onsigbaar. Baie vrouens skryf aan my dat hulle op die uitkyk is vir tekens van verandering in hulle huwelike of in hulle eggenote se houdings teenoor hulle. Jy moet onthou dat die Bybel dit baie duidelik stel—geloof is dit wat ons nie sien nie! Wanneer ander jou vra oor jou omstandighede, antwoord hulle met, “Prys die Here, God is besig om te werk!”

Hierdie is vir my so mooi treffende gedeelte en ek is so lief om te vertel van my vriendin Yvonne se geloof. As sy in ‘n moeilike situasie was sou ek haar vra, maar wat gaan jy doen, dan was haar antwoord altyd, God sal voorsien en glo my Hy het. Ons hoef nie aan ander enige iets te verduidelik behalwe dat God besig is om te werk nie en dit is die volle waarheid: GOD IS BESIG OM AAN JOU SITUASIE TE WERK!

Om na jou omstandighede te kyk. Wanneer Petrus na sy omstandighede gekyk het, het hy begin sink—en jy sal ook. “En Hy sê: ‘Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?’” (Matt. 14:29).

In my eie lewe as ek my oë net op die siutasie hou, voel dit of selfs my geloof verswak, maar as ek net my fokus op die Here hou, versterk dit my geloof want ek weet baie goed dat die Here tot meer in staat is as wat ek ooit kan bid of dink, so hou jou oë op die Here wat die onmoontlike kan doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui