Hoofstuk 2
Die Pottebakker en die Klei
Wanneer ons deur ‘n krisis gaan in ons huwelik, is dit so maklik om op ons eggenoot se foute, en wat hy aan ons doen, te konsentreer. Hoewel, solank as wat jy dit doen, sal jy dit moeilik vind en nooit tot oorwinning kom nie. Ons leer in hoofstuk 8, “Gewen Sonder ‘n Woord” dat jou eggenoot nie die vyand is nie.
Dit is so maklik om op ons eggenote se foute te konsentreer, want ek dink ons voel in ‘n mate dan hoef ons nie op ons eie foute te konsentreer nie.
Laat God, God wees. Instede daarvan dat ons murmureer oor “hoe” en “wie” Hy gebruik om ons te verander, moet ons God prys vir Sy getrouheid! Hy is vasberade om van jou ‘n uitverkore vat te maak, reg vir Sy eie gebruik.
Wow is mal oor hierdie beginsel, want ek self het so baie gemurmureer oor wat, hoe in plaas daarvan om God net te los om God te wees, want Hy weet wat Hy doen!
Maar jy verstaan nie. Baie vrouens vertel my dat “ek net nie verstaan nie” as ek hulle probeer aanmoedig of troos!
Ek lag eintlik as ek hierdie woorde lees, want as iemand my probeer troos het, was ek so lief om hierdie woorde te gebruik, maar jy verstaan nie, jy het geen benul hoe ek voel nie… En vandag troos ek ander en wil vir jou sê ek weet en ek verstaan en die beste van alles is, God verstaan baie meer!!!
Jy is in Sy hande.
Wat ‘n lekker plek om te wees!!! Die veiligste beste plek ooit!!!
Vervolg…
Dankie Janine vir die plasing en hoe mooi jy dit uiteensit.
Dankie liefste Adina
Ek kan nog onthou toe ek hierdie hoofstuk gelees het. Ek het destyds so hartseer gevoel, maar toe voel ek soveel beter met die wete dat dit was omdat die Here die pottebakker is en ek die klei is en dat Hy besig was om my te knie en te druk vir my transformasie en genesing. Ek was in at Hande van gesesing.
Ja liefste Atarah die versekering dat Hy die Pottebakker is, is so vertroosend want ons HM is die beste Pottebakker.