GOD HERINNER MY

Ek wil net vir God al die lof en eer gee!!!

Vanoggend praat ek met 'n vrou by my werk en sy sê sy sal nooit vergeet hoe ek 'n paar jaar terug vir haar gesê het dat sy nie net ligtelik moet praat van iets nie, want op daai stadium wou sy baie graag 'n baba gehad het en as iemand haar gevra het wanneer sy swanger gaan raak, het sy geantwoord dat dit seker nie vir haar bestem was nie. Ons Groot Almagtig Vader het my gelei om vir haar te leer dat ons woorde mag het.

SPREUKE 18:21 AFR53
Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Ek het vir haar gesê dat sy positief moet spreek want ek glo dat ons Hemelse Vader vir haar ook die voorreg wil gee om 'n ma te wees. Sy sê toe van daai dag af het sy opgehou sê dat dit seker nie vir haar bestem is om 'n ma te wees nie. Nie lank daarna nie het sy swanger geraak en vandag het sy 'n pragtige seuntjie. Sy het trane in haar oë gekry toe sy my vandag daarvan vertel het en onmiddelik het ek ervaar hoe ons Hemelse Vader my herinner om te kyk wat ek sê. Ja ons word moedeloos, maar omdat satan ons moedeloos wil laat voel. Ons moet net ons oë op ons Wonderlike Vader hou.

Ek is so ongelooflik dankbaar vir ons Groot Hemelse Vader wat my herinner en die feit dat Hy ons nie los nie is die grootste getuienis.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui