Ek het vanoggend, soos byna elke Sondagoggend, oor die telefoon met my broer gepraat. Meeste Sondae kom kuier hy by my nadat hy kerk toe gegaan het net om koffie te drink en te gesels. Ons praat amper elke tweede dag, maar het altyd baie om oor te praat, ons het baie na aan mekaar geraak oor die afgelope paar jaar.
Elke keer as ek met my broer praat, is ek net so in verwondering oor wat my Man in sy lewe gedoen het en steeds doen en hoe hy groei in sy verhouding met die Here. My broer, wat 'n ateïs WAS totdat die Here Homself aan hom geopenbaar het, het hom teëgekom toe hy sy laagste punt bereik het. Hy het hom uit die slymerige put getrek.
En die wonderlikste ding is hoe hy nou die Here dien in sy kerk se orkes en baskitaar speel. Musiek is my broer se passie, as hy 'n bietjie vrye tyd het, speel en neem hy musiek op, en nou gebruik hy dit om te dien \o/. En net om te verduidelik hoe groot wonderwerk dit is, my broer het in 'n metalgroep gespeel ...
'n Paar Sondae terug toe hy my besoek het, het hy gevra of hy vir my 'n liedjie kan speel wat hy geskryf en opgeneem het, en ek het ja gesê. Ek het amper my koffie laat val toe ek die liedjie en die lirieke hoor, ek het nie verwag wat ek gehoor het nie. Die lied is in Afrikaans geskryf en gesing, maar hy het oor die Here gesing. Oor die “ou bekende stem wat hom elke dag lei. Die ou bekende stem wat hy elke oggend hoor as hy wakker word...”
Dit het my amper tot trane gedryf, selfs nou net daaraan dink, wil ek huil, maar gelukkige trane, dankbare trane, nederige trane oor wat my Man nie net vir hom gedoen het nie, maar ook vir my op hierdie reis van 'n leeftyd.
Dankie liefste Adina!!! Wat ‘n pragtige lofverslag. Dit is regtig so lekker om te lees hoe Hy in jou lewe en ook in die lewe van jou familie werk. Iemand wat nie in die Here geglo het nie en nou is hy in die kerk se band en hy skryf sy eie liedjies. Wow, is dit nie wonderlik. Die ou bekende stem… Dit laat my so dink aan die feit dat God ons altyd lei, maar dat ons nie altyd luister nie en noudat ons luister kom ons agter dat die stem eintlik altyd vir ons bekend was. Dankie dat jy hierdie lof gedeel het. Jy het my regtig bemoedig om aan te hou hoop vir my familie en geliefdes.
Dit wys net waartoe die Here in staat is! En dat ons nie moet ophou glo dat God in ons en ons families se harte werk nie, en dat ons nooit moet ophou om vir hulle te bid nie. Ek onthou een van die lesse “staan in die gaping” praat daaroor”. Mag jou broer en jy net van krag tot krag gaan in julle reis saam met Hom!