Geluk Hang Nie Van ‘n Plek Af Nie

"Dit is die dag wat die HERE gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees." P118:24

Met die lees van Lewensles Week 72 "Nie Meer In Kansas Nie" het ek net weereens besef ons geluk hang nie van 'n plek af nie en in dieselfde asem moet ons geluk ook nie van ons omstandighede afhang nie.

Ek het al voorheen gedeel dat ek baie gelukkig was by die plek waar ek omtrent vir langer as 18 jaar gewoon het. Ewe skielik moes ek trek en ek het nog nooit van 'n verandering gehou nie. Nie net het ek weggetrek van die huis waarvan ek gehou het nie, ek het weggetrek van die area af waarvan ek gehou het.

Met die trek het ons kosbare Liefling Here my geleer dat 'n plek nie my veilige hawe moet wees nie, maar dat Hy my Veilige Hawe wil wees. 

Ek gaan nie vir jou jok en sê dis altyd maklik nie, want ek verlang soms nog terug, maar dat hardloop ek terug na my Liefling Here toe en laat Hom my oortuig dat ek op die regte plek, op die regte tyd is.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te onthou dat ons kosbare Here ons Veilige Hawe is en nie 'n plek of 'n persoon nie. Ek self het gedink my eggenoot is my veilige hawe, maar nou kan ek eerlik sê ek is dankbaar ons Liefling Here het die seer in my lewe toegelaat sodat ek Hom as my Veilige Hawe kon ontdek.

"Die HERE is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting." P18:3

4 thoughts on “Geluk Hang Nie Van ‘n Plek Af Nie”

  1. Liefste Janine ek vereenselwig my so met hierdie plasing, ek was net so gelukkig in my vorige dorp en huis, ek wou nie trek nie, maar ek het geweet dit is my Geliefde se wil om te trek en nie net die kinders te tuisonderrig maar om nie meer naweek mamma te wees nie.

    Ek verlang ook nog baie terug en gaan kuier baie, maar dis waar wat jy se, ons “geluk” hang nie af van waar ons bly nie. Ons kan enige plek gelukkig en tevrede wees saam met ons Geliefde.

    1. Ek is so dankbaar dat ons geluk van ons kosbare Here afhang Adina en selfs nie eens van ons omstandighede nie. My geluk het altyd van my baie emosies afgehang en dit was so uitputtend.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui