Ewige Vreugde…

"Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring." J60:1

Vandag se oggendtoewyding het my aan my pragtige belofte, wat ons kosbare Here jare gelede vir my gegee het, laat terugdink.

Jare gelede toe my man my gelos het, het ek geen hoop gesien nie, wat nog te sê vreugde. Ek dink jy sal saam my stem, die oomblik wat mens uitvind van die verraad of al het jy allankal daarvan geweet, los dit mens met 'n seer leë gevoel. En natuurlik het ons kosbare Liefling Here my nie net so sonder hoop gelos nie en my hierdie pragtige belofte gegee: 

"...en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." J35:10

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om te mediteer op hierdie pragtige belofte en dit in jou lewe in te spreek: ewige vreugde is op my hoof, vreugde en blydskap het ek verkry, kommer en gesug vlug weg. Vandag leef ek met vreugde, want ons kosbare Here is die Een wat vreugde gee.

2 thoughts on “Ewige Vreugde…”

  1. Liewe Janine,
    Vanoggend spreek ek dit dat ewige vreugde op my hoof is, dat ek vrede en blydskap beleef en dat kommer en sug wegvlug van my.
    En dit alles omdat ek vir Jesus het, en as ek Hom het, het ek alles!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui