Ek Wou Sien Om Te Glo…

"Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons." 2K1:20

In vanoggend se My Beminde toewyding word daar gevra of ons vertrou wat ons sien, of vertrou ons wat Hy belowe het?

Ek moet erken ek het so ongelooflik baie opgegee omdat ek nie gesien het dat iets gebeur nie. En oor en oor het ek my eie planne gemaak en die pad van verwoesting gekies, net om gebroke weer op te gee en te gryp na ons Liefling Here.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit Strome in die Dorsland, want dit was presies ek:

Daar is soveel mense wat alleen by hul kaggel sit! Hulle sit by 'n ander stoel, een keer gevul, en kan nie die trane wat vloei in bedwang hou nie. Hulle sit so baie alleen, maar daar is iemand wat ongesiens en net binne hul bereik is. Maar om een ​​of ander rede besef hulle nie Sy teenwoordigheid nie. Om te besef dit is geseënd maar tog redelik skaars. Dit hang af van hul bui, hul gevoelens, hul fisiese toestand en die weer. Die reën of digte mis buite, die gebrek aan slaap en die intense pyn, lyk asof hulle hul bui beïnvloed en hul sig vervaag sodat hulle nie Sy teenwoordigheid besef nie.

Ek was so vasgevang in my eie eensaamheid en seer dat ek ons kosbare Liefling Here se teenwoordigheid in my lewe misgekyk het. Kosbare vrou moet asseblief nie die Here se teenwoordigheid in jou lewe miskyk oor hoe jy voel nie en baie beslis nie omdat jy nie iets sien gebeur nie. Onthou jy hoef nie te sien om te kan glo nie, jy moet net al ons kosbare Liefling Here se beloftes glo!

So kosbare vrou ek wil jou bemoedig en herinneer aan hierdie feit: Jy kan dalk nie iets sien gebeur in jou lewe nie, maar vir jou sal die Here nooit ooit vergeet nie, want alles omtrent jou maak vir Hom saak!

"Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my." J49:15-16

4 thoughts on “Ek Wou Sien Om Te Glo…”

  1. Baie dankie Janine. Dit was net wat ek nodig gehad het om vandag te hoor. As die kinders so lank by my was aaneen, is dit altyd vir my moeilik as hulle vir die naweek na hulle pa toe gaan. Die huis voel somtyds so stil en leeg, maar die lekker is, ek kan enige tyd met my Liefling Here praat.

    1. Ja is dit nie wonderlik dat ons kosbare Liefling Here reg by ons is en ons enige tyd vir Hom kan vertel hoe ons voel en ek weet sommer hierdie gaan so ongelooflike lekker naweek saam met ons Liefling Here wees ksobare Yvonne, dat jy met ‘n getuienis gaan kom.
      Is dit nie wonderlik dat jou mure geduring voor die Here is nie kosbare Yvonne.
      Kyk hoe pragtig stel die Boodskap Bybel die vers:
      “Ek het jou naam op my hand geskryf. Ek dink heeltyd aan jou mure wat so verwoes is.” J49:16 https://www.bible.com/af/bible/50/isa.49.16

  2. Liewe Janine,
    Ek wou ook sien hoe dinge rondom my verander sodat dit makliker was om te glo dat Hy my huwelik sou herstel.
    Ek is dankbaar dat Hy my geleer het om nie te kyk na die dinge wat ons sien nie, maar om te glo in die dinge wat ons nie sien nie

    HEBREËRS 11:1 AFR53
    DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. https://www.bible.com/bible/5/heb.11.1

    Hierdie week het ek gehoor dat my eksman by die ander vrou intrek. Hy het gepraat oor die planne wat sy vir die toekoms gemaak het. Dit het my stil in my hart laat lag, want ek weet my Hemelse Man is in beheer. Sy planne is baie groter, helderder en beter. Hy het verseker dat hierdie nuus nie my hart raak nie, dit het verseker dat ek Sy liefde en teenwoordigheid meer ervaar het.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Hanna en jy’s reg ons Liefling Here is beslis in beheer en ons hoef nie dit te sien nie, want ons weet dit en glo dit met ons hele hart. En ek sien uit oor die getuienis wat nog daaruit gaan kom en alreeds besig is om plaas te vind.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui