Ek Wou My Eggenoot Se Hart Draai

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie." S3:5 

Erin sê in die Wees Aangemoedig Video van Kursus 2, Dag 6 dat die Here jou man se hart sal draai en dat jy nie die een is wat dit gaan doen nie.

Ek het gedink ek sal my eggenoot se hart kan draai en as ek nou terugdink is dit eintlik so selfvoldaan. En nee natuurlik kon ek dit nie regkry nie, my eie plannetjies het elke keer in my eie gesig ontplof en deur my eie plannetjies te maak het ek baie keer dinge net erger gemaak.

Erin sê ook dat as die egskeiding deurgaan hoef jy uitmekaar te val nie en dat jy net styf aan die Here moet vashou. Toe my egskeiding deurgegaan het, het ek omtrent uitmekaar geval en dis eintlik so hartseer waardeur ek my seun gesit het deur so uitmekaar te val, maar ek is ongelooflik dankbaar vir ons Liefling Here se genade wat alles ten goede omgedraai het, want dis werklik net deur Sy genade.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief styf aan die Here vas te hou en beslis nie jou eie plannetjies te maak nie - ons kosbare Liefling Here sal die regte ding op die regte tyd doen en Hy sal die Een was wat jou eggenoot se hart sal draai. Ek wil jou ook aanmoedig om asseblief na hierdie videos te gaan kyk, want dit gaan jou ongelooflik baie help in jou herstelreis.

"DIE koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil." S21:1

1 thought on “Ek Wou My Eggenoot Se Hart Draai”

  1. Dankie Janine, ek het ook so baie dinge uit die vlees gedoen om my voormalige man se hart te probeer draai, maar dit het dinge net erger as beter gemaak want hul kan dwardeur ons vleeslike pogings sien. Net ons Geliefde Here kan harte draai, ons moet net laat gaan en op ons verhouding met ons Geliefde Here fokus.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui