Ek Wil Veel Eerder Die Here Se Hand Daarin Hê

"Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie." J15:5

Vandag het hierdie gedeeltes, oorvertaal en aangehaal uit Lewensles Week 76 "Doen Niks" vir my uitgestaan:

Kom ons begin met hierdie belofte, sal ons? Die belofte "sonder my kan julle niks doen nie" het vir my 'n veel groter betekenis gekry. Dit is net baie betekenisvol hier en nou. En dit is dalk iets wat jy ook dink, "Sjoe, dit is so waar, 'Behalwe vir Hom kan ek niks doen nie." 

Tog is hier die ding, dit is ook waar dat ons dit dalk kan doen. Ons kan dit dalk bereik en daarmee worstel en klaarkry, maar uiteindelik, as Hy nie die Een is wat dit doen nie, het dit net nie substansie nie. 

Ja ek het al baie dinge op my eie probeer doen en seker ook iewat reggekry om dit op my eie te doen, maar ek moet eerlik wees, as ons kosbare Liefling Here se hand nie daarin was nie, was dit eintlik betekenloos, want ek wil veer eerder die Here se hand daarin hê. En dan moet ek hierby byvoeg dat ek so baie kere probeer verander het, op my eie krag en ek kon dit net nie regkry nie, 'n bewys dat ek totaal en al afhanklik is van ons kosbare Liefling Here se hulp in alles.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om meer op ons kosbare Liefling Here staat te maak, moet nike in jou eie krag probeer doen, soos wat ek dit gedoen het nie.

2 thoughts on “Ek Wil Veel Eerder Die Here Se Hand Daarin Hê”

  1. Baie dankie Janine dit is rerig n baie goeie herinering vir my vandag!! Sonder hom kan ek niks doen en ja dit is beslis die waarheid want baie keer was ek baie frustreed wanneer ek probeer om dinge op my eie doen.. En dit is somtyds so eenvoudig om hom te vra waar is my brille? Die ander dag het ek vir my brille gesoek en dit was waar ek dit gelos het, maar ek kon dit nie sien nie omdat dit agter my boeke geval. Agter n uur of twee sonder my brille.. Toe ek hom vra het hy my terug gevat en my gewys waar dit was! Ek het so simple gevoel maar herinner dat ek hom moet vra!!

  2. Janine, ek probeer soms nou nog dinge in my krag doen en eers as ek klaar al my opsies probeer het, vra ek Hom. Ek is dankbaar dat dit minder gereeld gebeur, maar tog doen dit soms nog. Dankie dat jy my herinner om dit nie te doen nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui