DROOM GROOT!!!

"Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes." J55:8-9

Die week het ek gehoor my oudste seun trek uit en ek het gevoel hy maak nie die regte besluit nie, maar ons kosbare Here het my gelei om stil te bly en dit net vir Hom te los.

Maar ewe skielik het gevoel ek sal ander blyplek moet kry, want ek gaan self nou my jongste seun skooltoe moet vat en ek gaan my tyd by my buitewerk moet verander (ek kon vroeg begin omdat hy sy broer altyd afgelaai het, dus kon ek vroeër loop) en dit gaan nou vir my baie meer ryery wees, so dit gaan goedkoper kos om nader aan my jongste seun se skool te trek. Ek het half moedeloos gevoel omdat ek nie weet wat om te doen nie. Ek weet dis so onnodig, want ons kosbare Liefling Here weet presies wat ek moet doen.

Terwyl ek so sit en na blyplek op die rekenaar soek, sê die Here ek moet dit nou los en my skrywe vir vandag regkry. Ek plaas elke Sondag 'n Lewensles en ek sit hier met 'n masiewe groot glimlag toe ek vandag se lewensles sien: Lewensles Week 73 "Beskou Paradys" en natuurlik moet ek nie verbaas wees nie, dis mos presies wie ons kosbare Liefling Here is! Hy beplan alles vooruit en dis nie pertoeval nie.

En hier sê my kosbare Liefling Here vir my deur die les om groot te droom en te onthou dat Sy gedagtes nie myne is nie en dat Sy weë nie my weë is nie. So kosbare liefste vrou ek wil jou ook aanmoedig om GROOT TE DROOM!!!

2 thoughts on “DROOM GROOT!!!”

  1. Dankie liefste Janine, die titel het my gevang want my Geliefde het dit laas week paar keer vir my gese: “Droom groot”. Ek kan al my drome net vir Hom gee en kyk wat Hy gaan doen. My groot drome is dalk niks in vergelyking met Sy gedates vir my nie, maar ek weet ek kan wag en kyk.

    1. Wow dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, ek is mal daaroor hoe ons kosbare Liefling Here met ons praat. En is dit nie fantasties dat ons al ons drome vir ons kosbare Liefling Here kan gee nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui