Draai Die Ander Wang

"Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe." M5:39

Dit is nie vir my altyd maklik om die ander wang te draai nie, want ek wil myself veel eeder beskerm teen die seer, maar dis 'n feit dat ons kosbare Liefling Here ons wil beskerm. Ek moet erken ek self het 'n fout gemaak om 'n beskermingsbevel jare gelede teen my eggenoot te kry en dit het baie woede uitgelok en ek weet dit sou heeltemal anders uitgedraai het as ek dit net vir die Here gelos het.

"Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou." G50:20

Lees asseblief hierdie gedeeltes oorvertaal uit Lewensles Week 78 "Weer Geklap":

Mense kan probeer om dinge aan ons te doen, maar uiteindelik kom die seën en beskerming alles van Hom af. En ek glo dit van harte. My bewys is dat Hy sê: "My God sal in al jou behoeftes voorsien volgens Sy rykdom," rykdom, wat beteken kyk na alles wat Hy het. Hy besit alles!

Dus, eerder as om mure op te sit of jouself te probeer beskerm, in plaas daarvan om terug te trek, beweeg dalk nader, kom dalk in vir 'n drukkie.

So kosbare vrou jy hoef nie 'n muur op te sit om jouself te beskerm nie, beweeg nader aan ons Liefling Here en laat toe dat Hy jou beskerm.

Wow lees asseblief hierdie treffende slotsom gedeelte oorvertaal uit die les:

Daarom gaan daardie dinge wat moeiliker is om te doen die grootste seëninge, die grootste vrugte en die beste getuienisse teweegbring om werklik diegene te help wat deur iets soortgelyks en baie keer baie erger gaan, maar jy sal in staat wees om pad te maak vir hulle om jou lewenspad saam met hul Man te volg.

So kosbare vrou onthou vandag is daar iets in jou pad wat vir jou te moeilik lyk om te doen? Onthou dat dit die grootste seën inhou...

2 thoughts on “Draai Die Ander Wang”

  1. Ek het vir jare met mure om my hart geloop omdat ek bang was vir seerkry. Ek sou eerder ver genoeg staan dat ek nie “geklap” kon word nie. Dit het so groot negatiewe invloed op my lewe gehad, want op die ou einde laat jy niemand in nie, maar my Geliefde het my al so baie genees en begin om die mure stukkie vir stukkie af te breek, sodat ek naby genoeg kan staan om die ander wang te draai. Ek kry dit nog nie 100% reg nie, maar die kere wat ek dit wel kon doen, het dit die situasie so ongelooflik verander en ten goede omgedraai. Ons Geliefde Here is by ons en Hy sal die situasie, of die volgende “klap” ten goede omdraai as ons Hom vertrou met elke situasie wat teen ons kom.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina en jy stel dit so pragtig, dat ons Geliefde Here die volgende “klap” ten goede sal omdraai as Hom vertrou met die siutasie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui