Die Here Is Belangriker As Ons Selfone

"My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God." P84:3

Hierdie gedeeltes in Lewensles Week 86 "Nie In 'n Miljoen Jaar Nie" het vir my uitgestaan:

Erin het gesê sy wou net deel hoe baie Hy daarvan hou om te wys dat hey ek kan die onmoontlike doen en Hy is mal daaroor. Dit kry haar elke keer en sy lag en lag want Hy is mal daaroor om te lag. Dit sê Hy sit in die hemel en lag, maar die meeste mense van hierdie wêreld het nie daardie soort verhouding nie.

Sy sê ook Hy wil, nee Hy smag daarna om jou alles te wees. Hy wil 'n goeie verhouding hê, Hy wil saam met jou lag, Hy wil saam met jou kuier, Hy wil nader as jou selfoon wees.

Kosbare vrou ek kan getuig dat 'n intieme verhouding met ons kosbare Liefling Here lewensveranderend is. Dis nie net 'n Sondag geleentheid nie, ons kan enige tyd van die dag met Hom praat en ja geniet die tyd saam met Hom. Die wonderlikste openbaring vir my was om te besef dat die Here mal is oor my en my aanvaar net soos wat ek is.

Hoe maklik is dit net nie om 'n selfoon gereeld nader te trek, terwyl ons kosbare Liefling Here wag dat ons Hom deel maak van alles en nie net as ons iets soek nie... So kosbare vrou onthou die Here is veel meer belangriker as ons selfone.

4 thoughts on “Die Here Is Belangriker As Ons Selfone”

  1. Liewe Janine, dankie dat jy dit deel! Ek besef dat ek steeds te gereeld na my foon gryp wanneer ek iets wil weet of wanneer ek ‘n rukkie moet wag. Deur jou boodskap te lees, wys Hy vir my dat ek my vraag aan Hom moet vra voordat ek my foon optel. Hy wys my ook dat as ek ‘n oomblik moet wag, ek met Hom kan praat in plaas daarvan om my foon op te tel. Ek is dankbaar dat jy dit deel, want Hy wys my dat ek nou nog meer tyd saam met Hom kan spandeer deur my foon minder te gebruik.

  2. Janine, dis waar. Voordat ek hierdie Reis begin het, het ek ure op my selfoon spandeer, reekse gekyk, dinge wat my net weggeneem het van die pad wat ek moet volg. en die verhouding met my Geliefde was 5 minute, of minder.
    Vandag is die selfoon daar, maar om Sy Woord te lees, om in die Bediening te wees.
    Hy het ons lewens verander, en beklee die Eerste plek wat hy altyd behoort te hê Dankie dat jy hierdie Waarheid deel.
    En nou weet ek dat my Man altyd hier is, nooit ver nie, en dit vul ons met vrede.

    1. Wat ‘n wonderlike versekering het ons net nie kosbare Liza, dat ons Liefling Here altyd by ons is en ja dis net Hy wat ons met die vrede kan vul.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui