Die Here Het Al Die Antwoorde

"Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie." J1:5

Lees asseblief hierdie pragtige treffende gedeelte uit Lewensles Week 75 "Speel Dit Weer":

Nog 'n herinnering: die belangrikste ding waarmee jy moet wegkom is—Hy het al die antwoorde vir alles waarmee jy te doen het.

Ek moet erken ek het ontelbaar kere my antwoorde by mense probeer kry, soos pastore, sielkundiges en selfs vriende en nie een het al die antwoorde gehad nie of laat ek dit so stel hulle antwoord kon my nie help nie. Net die Here se antwoorde kon my werklik help.

Lees asseblief nog 'n pragtige treffende gedeelte:

Elke moeilikheid is ontwerp en sorgvuldig beplan as 'n geleentheid vir jou om nader aan Hom te kom. So enige probleem hoegenaamd, al is dit veroorsaak deur jou eie dwaasheid, onnoselheid, sonde of selfs rebellie—Hy gee nie om nie! Al wat jy hoef te doen is om terug te kom na die mees liefdevolle, wonderlike Man wat enigiemand ooit kan voorstel en Hom te vra om vir jou te wys wat Hy beplan het.

Kosbare vrou is dit nie wonderlik dat niks soos in heeltemal niks ons kosbare Liefling Here onkant vang nie, nie eens 'n probleem wat  ons uit one eie dwaasheid of rebellie veroorsaak het nie. Solank ons dit net vir die Here gee!

En ek kan daarvan getuig dat enige probleem die perfekte geleentheid is om na die Here uit te roep, hoeveel te meer probleme wat ek deur my eie dwaarsheid veroorsaak het, want dis juis dan wat ek 'n HELP na Hom toe uitroep en ek kan getuig dat Hy nog altyd gretig was om my te help! En dit kosbare vrou is onbeskryflike liefde en genade!

So kosbare vrou onthou ons Liefling Here wag dat jy na Hom toe uitroep vir hulp, Hy het al die antwoorde en Hy wag om jou te help met Sy onbeskryflike liefde en genade.

4 thoughts on “Die Here Het Al Die Antwoorde”

  1. “En ek kan daarvan getuig dat enige probleem die perfekte geleentheid is om na die Here uit te roep”
    Jy is so reg Janine, dankie vir die prys en ook die spesifieke woorde. Natuurlik is dit hoe ons na elke situasie moet kyk as ‘n geleentheid om te kan sien wat ons Liefling Here kan doen. Ek wil sê ek doen dit, maar ek doen dit nog nie alles nie. Dankie my dat jy my herinner het.

    1. Ek wil ook so graag sê ek doen dit kosbare Yvonne, maar as ek eerlik is doen ek dit nie elke keer nie, maar kom ons doen dit met elke probleem. Kom roep elke keer uit na Hom toe vir hulp, na Hom wat gretig wag om ons te help, maar nie net met elke probleem nie, met alles in ons lewens, elke besluit, elke goed en sleg.

  2. Dankie Janine, dit is voorwaar so wonderlik om te weet ons kan na ons Geliefde uitroep met alles. Ons kan als met Hom deel, goeie dinge en slegte dinge, Hy sal ons berusting gee en ons lei in elke situasie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui