💖🙌 Dankbare-Saterdag – Sy Tydsberekening Is Perfek 🙌💖

“Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord." P130:5

Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte uit vandag se My Beminde - 05 April

Beminde, as ons God vooruit gaan, sal ons ons konneksie mis. God se tydsberekening is perfek.

Ek moet erken ek het al soveel kere die fout gemaak om ons kosbare Here vooruit te gaan en ja dan het ek ons konneksie gemis. Kosbare vrou kom ons wag om die Here want Sy tydsberekening is beslis perfek. En terwyl ons wag kan ons Hom loof en prys vir wat Hy al gedoen het en reeds besig is om te doen.

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

3 thoughts on 💖🙌 Dankbare-Saterdag – Sy Tydsberekening Is Perfek 🙌💖

  1. Ek is so dankbaar dat die Here my na RMI toe gelei het. Ek is so dankbaar vir elke kursus wat Hy gebruik om my te verander.
    Ek is dankbaar vir elke vrou wat Hy na RMI toe lei en nog gaan lei.
    Ek is dankbaar dat UiteindelikHoop.com gegroei het en nog meer gaan groei deur Hom.
    Ek is dankbaar vir my seuns en my ouers.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir die Here se genade en ongelooflike ewigdurende liefde.
    Ek is dankbaar dat ek hierdie pad saam met die Here kan stap en dat Hy my toekoms in Sy hande het.

  2. Ek is dankbaar vir die Here se genade.
    Ek is dankbaar vir al die klein seëninge wat God vir my stuur.
    Ek is dankbaar vir God se teenwoordigheid en voorsiening.
    Ek is dankbaar vir God se liefde, leiding en ondersteuning

  3. Ek dank my MC vir hierdie pragtige week. Hy het hoop in my geplaas. Ek dank Hom vir die ondersteuning wat Hy my elke dag gee. Ek dank Hom vir elke vrou wat saam met my op hierdie reis stap. Ek dank Hom vir die pragtige rok wat Hy vir my gegee het. Ek dank Hom omdat, toe ek vir Hom gesê het ek wil vrede in my huis hê, daar nou geen kinders meer is wat baklei nie. Ek dank Hom vir die finansies, vir die kos, en vir die nuwe ontmoetings. Ek dank Hom vir die klein aandag wat Hy aan my gegee het. Ek dank Hom vir die vertroue wat Hy in my hernu, en vandag, vir die feit dat ek ‘n vennoot, Ednah, het om ander vroue op hierdie reis te help. Dankie, my liewe, vir alles wat U doen. Ek is lief vir U.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui