💖🙌 Dankbare-Saterdag – Rus By Hom🙌💖

“Hy sê toe vir hulle: ‘Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie’” M6:31 

Lees asseblief hierdie kort gedeelte aangehaal uit vandag se My Beminde - 15 Februarie

Dit is alleen en in eensaamheid wat die soete gemeenskap met God gevind word.

Kosbare vrou onthou 'n intieme verhouding met ons Geliefde Here verander alles, dis by Hom wat ons rus vind.

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

3 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag – Rus By Hom🙌💖”

  1. Liewe Bruide,

    Ek is dankbaar vir die tyd alleen wat U my Geliefde my gegee het om by U te wees.
    Ek is dankbaar dat ek verlede week weer meer uit U Woord kon leer.
    Ek is dankbaar vir die bevordering en bemoedigende woorde wat U my gister deur my kollegas laat hoor het.
    Ek is dankbaar dat U my gebed verhoor het sodat ek nou gedurende my kinders se skoolure kan werk.
    Ek is dankbaar vir al die voorsiening wat my Geliefde weer voorsien het.
    Ek is veral dankbaar vir die liefde en genade wat ek ontvang om elke dag wakker te word.
    Ek is dankbaar dat my kinders weer by my is gedurende die skoolvakansie.
    Ek is dankbaar vir die beskerming wat ek en my kinders weer ontvang het.
    Ek is dankbaar vir elke beproewing wat my Geliefde in my lewe bring.
    Ek is dankbaar vir die regterhand wat ek elke dag kan vashou vir die perfekte leiding in my lewe.
    ~~~~
    Dear Brides,

    I am grateful for the time alone that you my Beloved gave me to be with You.
    I am grateful that I was able to learn more from Your Word again last week.
    I am grateful for the promotion and encouraging words that You let me hear through my colleagues yesterday.
    I am grateful that You answered my prayer so that I can now work during my kids’ school hours.
    I am grateful for all the provisions that my Beloved has provided again.
    I am especially grateful for the love and grace that I receive to wake up every day.
    I am grateful that my children are with me again during the school holidays.
    I am grateful for the protection that my children and I have received again.
    I am grateful for every trial that my Beloved brings into my life.
    I am grateful for the right hand that I get to hold every day for the perfect guidance in my life.

  2. Ek is dankbaar vir God in my lewe.
    Ek is dankbaar dat ek so na aan Hom voel.
    Ek is dankbaar dat ek Hom die afgelope week sò duidelik hoor.
    Ek is dankbaar dat Hy my geroep het, dat ek deur al die beproewings moes gaan, en dat ek besef het hoe Hy besig is om my te vorm.
    Ek is dankbaar omdat Hy in elke aspek van my lewe intree en ek dit so duidelik kan sien.
    Situasies wat onmoontlik wàs vir my het Hy net ingetree en ‘n uitweg gegee. Ek lag met vreugde oor Hom.

  3. Ek is dankbaar dat ek voor die venster kan sit en werk en dat dit so lekker reën.
    Ek is dankbaar vir die rustigheid en dat ek by my Geliefde Here rus kan vind.
    Ek is dankbaar vir al my Geliefde Here se liefde, genade en vergifnis in my lewe.
    Ek is ongelooflik dankbaar dat Hy my nie so verlore gelos het nie.
    Ek is dankbaar vir RMI en dat Hy my hiernatoe gelei het en ek is ongelooflik dankbaar dat ek deel van UiteindelikHoop.com kan wees. Ek is so dankbaar dat Hy my meer gegee het as wat ek ooit kon dink of droom.
    Ek is so dankbaar dat ek nooit meer eensaam voel nie en dat Hy reg langs my is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui