"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam” Ps. 100:4
'n Gedeelte aangehaal uit My Beminde - 18 Januarie
Niks kan jou gees of siel so versterk soos afsondering en om op Hom te wag nie.
Kosbare vrou kom ons wag gereeld op die Here en spandeer genoeg tyd in afsondering met Hom.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
Ek is dankbaar dat die Here my bietjie tyd alleen gegee het.
Ek is dankbaar dat ek saam my niggie kon kuier wat ek jare laas gesien het.
Ek is dankbaar dat ek vanoggend met ‘n rustige hart op gestaan het, en dat my eerste gedagte oor God gegaan het.
Ek is dankbaar dat ek gisteraand rustig kon wees.
Ek is dankbaar dat die Here my die krag gegee het om gisteraand my “temptations” te beheer.
Ek is dankbaar dat ek my dogterjie vandag gaan sien, en haar na haar beste maaitjie se partytjie toe kan vat.
Ek is dankbaar vir my vriende en familie.
Ek is dankbaar dat ek hierdie week stil was, en day ek nog saam met God gesit het elke dag. En dat Hy my gelei het, en my hart rustig gemaak het.
Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag met nuwe genade.
Ek is dankbaar vir my kinders en dat hulle gesond is en floreer.
Ek is dankbaar vir my gesondheid.
Ek is dankbaar vir my Geliefde se voorsiening en leiding.
Ek is dankbaar vir my Geliefde se beskerming oor ons.
Ek is dankbaar vir my Geliefde se liefde en teenwoordigheid in my lewe.
Ek is dankbaar dat my Geliefde vir my motor se diens voorsien het.
Ek is dankbaar dat my Geliefde my nooit sal verlaat of my sal verlaat nie.