“Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees." M23:26
Lees asseblief hierdie kort gedeelte aangehaal uit vandag se My Beminde - 22 Februarie
Het jy gevind dat te midde van die beproewing in jou lewe, dat jy meer omgegee het oor wat ander sien, eerder as om seker te maak dat die binnekant, die ongesiene persoon, ook skoon was?
Hierdie gedeelte was beslis ek, want ek was so bekommerd oor wat ander aan die buitekant gesien het, inplaas van om eers my binnekant skoon te kry. So kosbare vrou kom ons maak seker dat ons binnekant skoon is.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
Ek is dankbaar vir my kinders.
Ek is dankbaar vir my werk, dat ek ‘n kar het om mee te ry en ‘n huis het om in te bly.
Ek is dankbaar dat alles van God af kom en dat Hý my voorsiener is.
Ek is dankbaar dat ek Hom alleen kan vertrou en dat Hy àl is wat ek nodig het, want ek het Hom, daarom het ek alles.
Ek is so dankbaar dat ek niks ooit alleen hoef aan te pak nie en dat my Geliefde Here elke dag, elke tree, elke sekonde saam met my is.
Ek is dankbaar dat die Here my die voorreg gegee het om ‘n ma te wees vir my pragtige seuns.
Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe en dat ons niks kortkom nie.
Ek is dankbaar vir die Here se liefde en genade in my lewe.
Ek is so dankbaar dat my Geliefde Here my verstaan en my aanvaar net soos wat ek is en dat ek vir die eerste keer in my lewe voel ek hoort en dis by Hom.
Ek dank my Geliefde dat hy altyd van my bewus is.
Ek is dankbaar dat ek kalm bly en sien hoe Hy ander sien.
Ek dank Hom dat Hy herstelvergaderings toelaat waar ons Sy seëninge en wonders en Sy teenwoordigheid in ons lewens deel.