"Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie." O2:4
Lees asseblief hierdie kort gedeelte aangehaal uit vandag se My Beminde - 08 Februarie
Beminde, wanneer dit lyk asof alle hoop weg is, is jy nog steeds op die plek waar jy jou kosbare Here sal loof? Is dit Sy hand wat jy soek, of Sy gesig?
Kosbare vrou kom ons onthou om ons Geliefde Here te loof in alle omstandighede.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
My Liefste Here,
Dankie vir my lewe.
Dankie dat U àltyd saam met my is en my nòoit los nie.
Dankie dat U oorvat in my lewe en my help om die dinge wat èk nie kan verander nie oor te gee aan U.
Dankie dat U my alles is en dat U besig is om alles te word wat ek wil hê.
Dankie vir beproewinge oor my pad want dit bring my so nader aan U en in elke beproewing leer ek ‘n les by U.
Dankie vir my kinders en hulle mensies.
Dankie vir my kleinkind en die een wat ek by gekry het.
Dankie dat U vir my ‘n huis gee om in te woon, ‘n kar gee om mee te ry, ‘n werk gee.
Dankie dat U my daarmee vertrou.
Dankie dat U in al my behoeftes voorsien.
En dankie my Liefste Here, dat U alles ten goede in my lewe laat meewerk.
Liewe Bruide,
Ek is dankbaar vir die beloftes wat my Geliefde my gegee het.
Ek is dankbaar vir die goeie werk wat Hy in my begin het.
Ek is dankbaar vir die goeie versorging van die afgelope week.
Ek is dankbaar dat my Geliefde Man elke dag daar is vir my wanneer ek Hom nodig het.
Ek is dankbaar vir die krag en wysheid wat Hy my elke dag gee.
Ek is dankbaar vir die liefde en beskerming wat Hy elke dag vir my wys.
Ek is dankbaar dat my Geliefde my in Sy koninkryk ingebring het.
Ek is dankbaar vir my huishouding en kinders waarmee Hy my geseën het.
Ek is dankbaar dat Hy my hand elke dag vashou om die reis van herstel saam in my lewe in te bring.
~~~
Dear Brides,
I am thankful for the promises my Beloved has given me.
I am thankful for the good work He has begun in me.
I am thankful for the good care of this past week.
I am thankful that my Beloved Husband is there for me every day when I need Him.
I am thankful for the strength and wisdom He gives me every day.
I am thankful for the love and protection He shows me every day.
I am thankful that my Beloved has brought me into His kingdom.
I am thankful for my household and children that He has blessed me with.
I am thankful that He holds my hand every day to bring the journey of restoration into my life together.
Waar om te begin. Ek is so dankbaar dat die Here my Vriend en my Man is. Ek is dankbaar dat Hy elke dag vir ons sorg. Ek is dankbaar dat Hy vir my 2 dierbare kinders gegee en dat ek die voorreg het om saam met wonderlike dames reg oor die wêreld te kan werk.
Ek is dankbaar dat ek vandag rustigheid in my hart het.
Ek is dankbaar dat ek tyd kan spandeer saam met my dogtertjie.
Ek is dankbaar dat my dogtertjie gesond is.
Ek is dankbaar dat God my verhouding met my pa herstel het en ons is ‘closer’ as ooit.
Ek is dankbaar dat my dogtertjie is ‘n ongelooflike goeie skool is wat so mooi na al die kinder kyk, en soveel moeite doen.
Ek is dankbaar vir alles wat God in my lewe toelaat (beproewinge en goeie dinge)
Ek is dankbaar dat God voorsien.
Ek is dankbaar dat God my bederf het met ‘n ekstra geldjie sodat ek myself kan ‘treat’ vir my verjaarsdag.
Ek is dankbaar dat ek en my AM baie goed oor die weg kom sodat ons dogtertjie geliefd voel. (hierdie is absoluut net God se krag)
Ek is dankbaar dat God my lief het en dat ek kom leer ken het en Hom net so lief kan hê.
Ek is dankbaar vir my reis, en dat God my die krag gee om te doen wat ek gedink het is onmoonlik.
Hallo pragtige Bruid, Vandag bedank ek my geliefde vir die dag net saam met Hom vir al die lesse wat ek hier leer om U beter te leer ken en U lief te hê
vir Ethan se goeie graad in Spaans
vir die verrassing op my bankrekening
vir notaboeke om my gebede neer te skryf
Dankie vir die liefdesliedjies wat Ethan om die beurt neurie
Dankie vir die inkopies
Dankie vir my familie
Dankie vir die werk
“U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.” Psalm 36:10 https://www.bible.com/bible/6/psa.36.10
~~~
Bonjour belles Mariée, Aujourd’hui je remercie mon Bien-aimé pour la journée passée rien qu’avec Lui pour toutes les leçons que j’apprends ici pour mieux Te connaître et t’aimer
pour la bonne note en espagnol d’Ethan
pour la surprise sur mon compte bancaire
pour les cahiers pour noter mes prières
Merci pour les chansons d’amour qu’Ethan fredonne à son tour
Merci pour les courses
Merci pour ma famille
Merci pour le travail
Psaumes 36:10 BDS Car chez toi est la source de la vie. C’est dans ta lumière que nous voyons la lumière. https://bible.com/bible/21/psa.36.10.BDS