“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg." P37:4-5
Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte uit vandag se My Beminde - 12 April
Laat ieder en elke seën van die Here langs die pad gevier word, want op hierdie manier sal jy die reis geniet en nie so swaar konsentreer op die bestemming nie, wat sal veroorsaak dat jy angstig word en wroeg. Loof Hom vir alles wat Hy vir jou doen, Hy is ons lof waardig!
Kosbare vrou geniet asseblief jou reis saam met ons Geliefde Here, moenie soos ek terugkyk en sê plaas ek maar net my reis met die Here geniet het in plaas van om so swaarmoedig elke dag te gewees het nie.
"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4
Lees Dankbaarheidsterapie
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.
Ek is so dankbaar vir my twee seuns en vir al hulle liefde.
Ek is dankbaar vir familie en vriende.
Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening.
Ek is dankbaar die die Here se genade.
Ek is dankbaar dat die Here weet presies wat goed is vir my en wat nie.
Ek is dankbaar dat die Here die Een is wat my verander en my nader aan Hom trek.
Dankie, Janine, vir die deel van hierdie Psalm… 37.
Dit het my hart aangeraak en my siel tot rus gebring.
Ek dank U, Here…
Ek dank U vir my seun se terugkeer huis toe.
Ek dank U vir die finansies wat U vir my voorsien het.
Ek dank U vir elke vrou wat U terug na U bring.
Ek dank U vir die kalmte wat U bring.
Ek dank U dat U my Bruidegom is en so mooi na my omsien.