💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid." 1K16:34

Kosbare liefste vrou onthou asseblief ons Liefling Here se goedertierenheid is verewig en altyd, so ons het al die rede om dankbaar te wees.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

15 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar om te kan lewe en omdat My Here reg langs my is.
    Ek is dankbaar dat My Here my hart elke dag verander.
    Ek is dankbaar dat My Here en My God my deur al my sonde en foute steeds as Sy bruid wou hê.
    Ek is dankbaar dat my Here geduldig is met my en my sò liefhet dat Hy net aangehou het om my die hof te maak dat nie anders kon as om net “ja” te sê nie.

    1. Wow ek het nog nie eens dit waaroor jy dankbaar is gelees nie kosbare Betty en plaas toe waaroor ek dankbaar is en dit is ook om ons kosbare Liefling Here reg langs my te hê wat ‘n voorreg het ons net nie. Ons Liefling Here is die Beste Ooit!

  2. Ek is dankbaar dat ek ons kosbare Liefling Here werklik elke sekonde by my het en dat ek met alles na Hom toe kan gaan, dat Hy my so mooi lei en dat as dinge te veel raak is Hy die Een wat vir my sê om oor te gee.
    Ek is dankbaar vir die vrede en vreugde wat Hy my gee en dat Hy die rede is vir my glimlag.
    Ek is dankbaar vir al ons Liefling Here se voorsiening in my lewe en dat Hy die venster van die Hemel vir my oopmaak.
    Ek is dankbaar dat Hy my jare gelede nie gelos het nie en nie opgegee het met my nie terwyl ek Hom al die rede gegee het om net op te gee met my, maar Hy het nie, wow dis Liefde. So ek is dankbaar vir al Sy Liefde en genade in my lewe.

  3. I am grateful for the grace that my Heavenly Beloved has given and continues to give me.
    I am grateful that He teaches me how to handle myself.
    I am grateful that my children have a good time with their father on vacation
    I am grateful for my brothers and sister that He allows to come to me from time to time.
    I am grateful for my daughter who has two good friends,
    I am grateful that my Heavenly Husband has given me the opportunity to be a loving mother to my children through action.
    I am grateful that I can expect my Heavenly Husband’s help every day.
    I am grateful for the eternal love my Heavenly Husband has for me.
    I am grateful that nothing can separate me from my Heavenly Beloved.

    Ek is dankbaar vir die genade wat my Hemelse Geliefde aan my gegee het en steeds aan my gee.
    Ek is dankbaar dat Hy my leer hoe om myself te hanteer.
    Ek is dankbaar dat my kinders lekker saam met hul pa op vakansie kuier
    Ek is dankbaar vir my broers en suster wat Hy toelaat om van tyd tot tyd na my toe te kom.
    Ek is dankbaar vir my dogter wat twee goeie vriende het,
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my deur aksie die geleentheid gegee het om ‘n liefdevolle ma vir my kinders te wees.
    Ek is dankbaar dat ek elke dag my Hemelse Man se hulp kan verwag.
    Ek is dankbaar vir die ewige liefde wat my Hemelse Man vir my het.
    Ek is dankbaar dat niks my van my Hemelse Geliefde kan skei nie.

    1. Dankie dat jy dit deel waaroor jy dankbaar is kosbare Kristine, ek is net so dankbaar vir ons kosbare Liefling Here se ewigdurende liefde vir ons.

  4. Hierdie week toe so baie mense rondom my nie water gehad het nie, het die Here my herinner om dankbaar te wees vir die dinge wat ons vanselfsprekend aanvaar. Vir ‘n dak oor ons kop, vir water, kos en ‘n warm bed. Dinge wat so baie mense in ons land nie het nie. Dit is waarvoor ek vandag dankbaar is.

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Yvonne, want ek het juis vanoggend vir iemand vertel hoe swaar van die kinders nog kry (want ons het as buite werk ‘n skooltjie gehelp) en ons het werklik so baie om voor dankbaar te wees.

  5. Ek is dankbaar vir Sy rustige en bederfweek vir my en Brincy.
    Ek is dankbaar vir die werksdeur wat Hy vir my broer oopgemaak het, en ons het reeds verklaar dat my broer voorspoedig in daardie geselskap sal wees.
    Ek is dankbaar vir my suster se goedkeuring in ‘n openbare eksamen (dit was haar droom om goedgekeur te word).
    Ek is dankbaar vir die koper wat my Geliefde sal stuur om my ouerhuis te koop teen ‘n prys wat Hy aanwys.
    Ek is dankbaar dat Hy elke dag hier aan my sy is en vir my sê: “Marta, Marta, rus net want ek werk.”

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Marta, ek stem saam en is saam jou dankbaar dat ons kosbare Liefling Here ‘n koper gaan stuur vir jou ouerhuis, ons Liefling Here het geantwoord en my ouers se huis is baie vinnig verkoop teen die ‘n baie goeie prys.

  6. Ek is dankbaar vir my Geliefde se voorsiening, vir elke ding wat ek uit Sy hand ontvang.
    Ek is dankbaar vir nog ‘n dag en vir gesondheid.
    Ek is dankbaar vir my kinders en vir hul gesondheid.
    Ek is dankbaar vir die spesiale oomblikke wat ek saam my kinders kan spandeer.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde Here altyd by my is en dat ek nooit alleen hoef te voel nie.
    Ek is dankbaar vir Sy groot genade wat elke dag nuut is.
    Ek is dankbaar vir Sy ewigdurende liefde en dat Sy liefde onvoorwaardelik is.
    Ek is dankbaar dat ek elke las vir Hom kan gee en Sy juk wat lig en maklik is kan dra.

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina, ons Liefling Here se voorsiening, liefde en genade is onbeskryflik.

  7. Ek is dankbaar vir my Geliefde dat hy my sag geleer het na my foute, want hy veroordeel my nie, maar gee my eerder ‘n nuwe geleentheid. Ek is dankbaar want Sy genade is elke oggend nuut!!
    Ek is dankbaar omdat Hy vir my ‘n nuwe vuur gegee het en na HOM verlang.
    Ek is dankbaar want Hy het my Sy liefde gewys te midde van ‘n paar valleie waardeur ek gegaan het, maar ek kan die lig sien, Hy het my onderskeidingsvermoë gegee om die pad te verstaan ​​wat Hy wil hê ek moet gaan, ek is baie opgewonde oor die beloftes wat dit aan my bevestig het.

    1. Dankie dat jy kom deel het waarvoor jy dankbaar is kosbare Anastasia, ja ek is saam met jou dankbaar dat ons Liefling Here ons so sagkens reghelp met ons foute en dat daar werklik geen veroordeling is nie. Hy is die Beste ooit!

  8. Ek is dankbaar dat ek ‘n nuwe battery vir my kar kon koop.
    Ek is dankbaar dat die Here my lei.
    Ek is dankbaar dat my dogterjie gesond is.
    Ek is dankbaar dat ek vir God in my lewe het.
    Ek is dankbaar vir my reis.
    Ek is dankbaar dat ek die ‘laat gaan’ beginsel beter verstaan.
    Ek is dankbaar vir die mense in my lewe.
    Ek is dankbaar vir my huis.
    Ek is dankbaar vir my werk.
    Ek is dankbaar vir my kar.
    Ek is dankbaar dat die Here so hard werk.
    Ek is dankbaar dat die Here besig is om my hart te genees.
    Ek is dankbaar vir die bediening en vir al die lesse wat mens hier kan leer.
    Ek is dankbaar dat ek die Here se teenwoordigheid kan voel.
    Ek is dankbaar dat ek elkedag meer en meer God leer ken.
    Ek is dankbaar vir alles wat God my wys en my leer.

    Niks van hierdie sou moonlik wees sonder God nie.
    Prys die Here!

    1. Wow ja kosbare Mila niks sal moontlik gewees het sonder ons kosbare Liefling Here nie! Dankie dat jy kom deel het waaroor jy dankbaar is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui