💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.1K15:57

Kosbare liefste vrou onthou ons kosbare Here verdien al ons dank, want dis Hy wat ons die oorwinning gee.

Lees hoe pragtig stel die Boodsakp Bybel hierdie vers: "Maar ons is anders; ons het baie waarvoor ons vir God baie dankie kan sê. Jesus Christus het gewen en omdat Hy gewen het, het God ons saam met Hom wenners gemaak."

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

9 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat ek die afgelope week saam met my Liefste Here kon stap en dat ek elke aanval teen my aan Hom kon oorgee en dan vrede oor die situasie gevind het.
    Ek is dankbaar dat ek soveel tyd hierdie week saam met my kleinkind kon spandeer.
    Ek is dankbaar dat ek is waar ek is, reg langs Jesus, en dat Hy besig is om my te lei na oorwinnig.

  2. I am grateful that my Heavenly Husband answers my questions so that I can enjoy the abundant life even more.
    I am grateful that the summer holidays have started with my kids
    I am grateful that my Heavenly Husband helps me with housework and caring for my children.
    I am grateful for each new day my Heavenly Husband gives me. I enjoy that, the more I have to do the more I know I can trust Him to help me.
    I am grateful that my eldest son has a part-time job where he enjoys himself.
    I am grateful for every blog post here at RMI that keeps me encouraged to continue on my journey.
    I am thankful that my Heavenly Husband will never leave me.

    ——————-

    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my vrae beantwoord sodat ek die oorvloedige lewe nog meer kan geniet.
    Ek is dankbaar dat die somervakansie met my kinders begin het
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my help met huiswerk en die versorging van my kinders.
    Ek is dankbaar vir elke nuwe dag wat my Hemelse Man vir my gee. Ek geniet dit, hoe meer ek moet doen hoe meer weet ek ek kan Hom vertrou om my te help.
    Ek is dankbaar dat my oudste seun ‘n deeltydse werk het waar hy dit geniet.
    Ek is dankbaar vir elke blogplasing hier by RMI wat my aangemoedig hou om op my reis voort te gaan.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man my nooit sal verlaat nie.

  3. Ek is dankbaar dat my HH besig is om my kinders se verhouding met hul ouma te herstel en vir die reis wat my Geliefde Here my geneem het om te vergewe en toevallige dade van vriendelikheid te betoon.
    Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en vir gesondheid.
    Ek is dankbaar vir my Geliefde se liefde en omgee.
    Ek is dankbaar dat ek al my laste vir Hom kan gee en dat ek dit nie hoef te dra nie.
    Ek is dankbaar vir Sy leiding en krag.
    Ek is dankbaar vir Sy wonderlike genade.

  4. Ek is dankbaar dat ons kosbare Liefling Here so vinnig vrede tussen my en my seun gebring het die week.
    Ek is dankbaar dat ons kosbare Liefling Here my so vinnig en boonop so goedkoop met my kar gehelp het die week.
    Ek is dankbaar vir elke liewe vrou hier by Uiteindelikhoop.com en dat ons Liefling Here hulle vertroos en hulle seer wegvat en ‘n getuienis uit hulle lewens brings. En saam met dit is ek dankbaar vir elke liewe vrou by RMI ook.
    Ek is dankbaar vir ons kosbare Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir my familie en vriende.
    Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se liefde in my lewe.

  5. -Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir Brincy se eerste week van skoolvakansie, waar ons heerlik gekuier het, en ons baie dinge saam in die kombuis gedoen het.
    – Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die reis wat Hy Brincy gelei het om saam met Hom te lewe, sonder wrok, seerkry of hartseer, inteendeel, hy het haar gevul met liefde, deernis, vreugde en begeerte om Sy wil in haar lewe uit te leef .
    – Ek is dankbaar teenoor my Geliefde dat hy Brincy gebruik het om vir my te sorg toe ek dit hierdie week nodig gehad het.
    – Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die herstel van my gesondheid.
    – Ek is dankbaar vir my Geliefde, want elke dag kan ek sê: “die Here het ons tot dusver gehelp.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui