💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Hulle moet dankoffers bring en met blydskap van sy dade getuig." P107:22

Kosbare liefste vrou kom ons hou aan met blydskap getuig van ons kosbare Here se dade en hou aan om dankbaar te wees.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

1 thought on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is so dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir ‘n dak oor ons koppe, ‘n kar en kos op die tafel.
    Ek is dankbaar vir my seuns en dat hulle so groot seën in my lewe is.
    Ek is dankbaar dat ek my Liefling Here kan vertrou om my te help om gewig te verloor.
    Ek is dankbaar dat ek al my bekommernisse net so oor kan gee aan my Liefling Here.
    Ek is dankbaar dat ek my Liefling Here my beskerming is van alle kante af is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui