💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het." 1T5:18(DB)

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om werklik dankbaar te wees, want dan stap ons op die pad wat ons kosbare Here vir ons beplan het. Wow want lees hierdie pragtige belofte as ons dank aan ons kosbare Here offer:

"Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet." P50:23

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat my ouers op ‘n vakansie kan gaan en vir my suster kan gaan kuier.
    Ek is dankbaar vir my ouers en dat my ma my so baie help in die huis.
    Ek is dankbaar dat ons kosbare Here my Raadsman is.
    Ek is dankbaar dat ek met alles na die Here toe kan gaan.
    Ek is dankbaar dat Hy elke sekonde langs my is en my nie vir een sekonde los nie.
    Ek is dankbaar dat ek totaal en al afhanklik van Hom is.
    Ek is dankbaar dat Hy weet wat die beste vir my is en my hele toekoms in Sy hande het.

  2. Ek is dankbaar dat God elke dag aan my werk en my vorm na Sy wil.
    Ek is dankbaar vir my pragtige kinders, kleinkind en skoondogter.
    Ek is dankbaar dat God vir my voorsien in alle omstandighede, sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie.

    1. Dankie dat jy kom deel het waaroor jy dankbaar is kosbare Betty. Ek is ook dankbaar dat ons kosbare Here elke dag aan ons werk, ja ons sou dit beslis nie sonder Hom kon doen nie.

  3. Ek het soveel dinge om voor dankbaar te wees, maar die ding waaroor ek vandag die meeste oor dankbaar is, is my verhouding met God.

    Omdat ek die laaste paar weke deur ‘n moeilike tyd gegaan het, ek het gevoel ek het die Here verloor, nie dat Hy my ooit verlaat het nie, maar ek het hom opgehou soek, ek het op my eie insigte staat gemaak, ek het nou besef hoe maklik dit is om terug te val in ou gewoontes in (iets waaroor ek ook dankbaar is, dat my oë oop gegaan het) ek het besef dit is maklik om “track” te verloor.

    Ek is ook dankbaar dat die Here my krag gee om op te staan elke keer wanneer ek val.

    ‭HEBREËRS 13:5 AFR83‬
    [5] God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

    ‭Psalms 34:19 DB‬
    [19] Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed.

    1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons deel en wow ja ons verhouding met ons kosbare Here is beslis iets waaroor ons die dankbaarste kan wees. Ek is so dankbaar dat die Here jou nie gelos het nie kosbare Mila en dat die Here teruggetrek het na Hom toe.

  4. Ek is net so dankbaar om my Geliefde te hê wat alles ten goede laat meewerk as ons oorgee en vertrou.
    Ek is dankbaar dat Hy ‘n wonderlike Hemelse Vader vir my kinders is en die beste weet wat hulle ook al aangaan.
    Ek is dankbaar dat Hy my krag en my sterk toring in moeilike tye is.
    Ek is dankbaar vir Sy wonderlike genade wat vir my genoeg is.
    Ek is dankbaar vir Sy ewige liefde.

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Adina, dat ons kosbare Here alles ten goede laat meewerk as ons oorgee en Hom vertrou daarmee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui