💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Sy Lig Herstel

"U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my.2S22:29

Ons kosbare Liefling Here het my hierdie pragtige vers gegee en my herinner hoe Hy alles vir my verander het, want as iets my voorheen seer gemaak het, het dit my sommer in 'n donker gat geplaas, maar nie meer nie, want Hy is die Een wat my Lig in die donker is.

En toe gee die Here my hierdie pragtige belofte: "Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom." J58:8

So kosbare vrou onthou ons kosbare Liefling Here is ons Lig in die donker. Hy gaan voor ons uit, in ons toekoms in (wat dalk vir ons onseker lyk, maar beslis nie vir Hom nie) en Hy kom agter ons aan en herstel ons verlede, wat agter ons is, deur Sy lig. 

"U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my." P139:5

So kosbare vrou ons het rede om dankbaar te wees!

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Sy Lig Herstel”

  1. Ek is dankbaar dat my liefste Here elke tree saam met my gee, altyd saam met my is en my nooit verlaat nie.
    Ek is dankbaar dat my liefste Here het en dat ek alles in my lewe oor kan gee aan Hom en dat ek nie my laste hoe te dra nie, want Hy dra dit vir my.
    Al lyk dinge vir my onmoontlik en vir almal om my, is ek dankbaar dat ek my liefste Here kan vertrou met hart en siel vir die onmoontlike want by Hom is alles moontlik.
    Ek is dankbaar vir my liewe vriendin en die liewe jong meisie wat saam met my werk toe en terug ry, en dat ons Hom met mekaar kan deel en mekaar met Hom kan bemoedig.
    Ek is dankbaar vir my genesig, want sonder Hom, sou ek nooit hier gekom het nie.

  2. I am grateful that my children and I wake up every morning to His favors.
    I am grateful that my Lord is my solid foundation in life.
    I am grateful for all the amenities I receive.
    I am grateful for the promise that my Lord will never forsake me.
    I am grateful that every day I realize more and more that my Beloved is all I need.
    ~~~~
    Ek is dankbaar dat ek en my kinders elke oggend wakker word vir Sy guns.
    Ek is dankbaar dat my Here my vaste fondament in die lewe is.
    Ek is dankbaar vir al die geriewe wat ek ontvang.
    Ek is dankbaar vir die belofte dat my Here my nooit sal verlaat nie.
    Ek is dankbaar dat ek elke dag meer en meer besef dat my Geliefde al is wat ek nodig het.

    1. Ek is dankbaar dat ek die toekoms nie hoef te vrees nie, want my toekoms is in my Liefling Here se hande.
      Ek is dankbaar dat my Liefling Here saam met my die pad stap.
      Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe.
      Ek is dankbaar dat die Here dadelik enige seer in my lewe oorvat en my vul met Sy vrede.
      Ek is dankbaar dat ek enige seer dadelik vir die Here kan gee.
      Ek is dankbaar dat ek met enige iets na my Liefling Here toe kan gaan.
      Ek is dankbaar dat dat die Here besig is om my lewe meer en meer te verander.
      Ek is dankbaar dat my Liefling Here die Liefde van my lewe is.

  3. Ek is dankbaar dat ek vanoggend wakker geword het en dat my Geliefde vir my nog ‘n dag gegee het.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde my geseën het met my twee pragtige kinders.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening en sorg.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde Here altyd by my is en nie eensaam hoef te voel nie.
    Ek is dankbaar dat ek vandag soveel beter voel nadat ek gister regtig verkouerig gevoel het.
    Ek is dankbaar dat ek my Geliefde Here leer ken het as my Beste Vriend na wie ek kan hardloop wanneer ek ‘n skouer nodig het om op te huil.
    Ek is dankbaar vir die pad waarop Hy my geneem het en Sy leiding.
    Ek is dankbaar vir die planne wat Hy vir my en my kinders het.

  4. Ek is dankbaar dat my Geliefde vir my en my broers voorsien het sodat ons nog ‘n voorraadwaarde vir ons huis kon betaal.
    Ek is dankbaar vir die voorsiening wat HY ons ook sal gee om nog ‘n bedrag te betaal (wat ons in ons oë nie op die oomblik kan bekostig nie).
    Ek is dankbaar vir die koper wat ons Geliefde sal stuur om ons huis te koop, teen ‘n prys wat net Hy sou kon doen.
    Ek is dankbaar dat Hy ons die vrede gee om deur soveel situasies te gaan, wat vir baie broers altyd lei om te baklei en te stry, maar HY het ons gelei, ons elke dag meer van Hom gegee, en ons kon gaan deur alles die vrede te hê wat alle verstand te bowe gaan.
    Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die wonderlike broers wat Hy vir my gegee het, en vandag kan ons almal Sy Naam loof, vir alles wat ons ervaar het, en vir die sekerheid wat ons het dat Hy ons steeds aan Sy Sy sal laat lewe!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui