💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my  gesang." P28:7

Kosbare liefste vrou plaas al jou vertroue in ons kosbare Here, want Hy is ons hulp en daarom sal ons beslis jubel en verdien Hy al ons lof.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. I am grateful for the new life my Heavenly Husband has given me.
    I am grateful that my Heavenly Husband gave me 4 beautiful children.
    I am grateful that I wake up every morning with my Heavenly Husband on my mind.
    I am grateful that I can always turn to my Heavenly Husband with any emotional, physical, mental or physical challenge.
    I am grateful for the moments when my Heavenly Husband allows me to testify to others about who is the source of my joy.
    I’m grateful that I don’t have to rely on my own insights. The hand of my Heavenly Husband will never let go of me. I’m so happy about that.
    ~~~~~~~
    Ek is dankbaar vir die nuwe lewe wat my Hemelse Man my gegee het.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Man vir my 4 pragtige kinders gegee het.
    Ek is dankbaar dat ek elke oggend wakker word met my Hemelse Man in my gedagtes.
    Ek is dankbaar dat ek altyd na my Hemelse Man kan wend met enige emosionele, fisiese, geestelike of fisiese uitdaging.
    Ek is dankbaar vir die oomblikke wanneer my Hemelse Man my toelaat om vir ander te getuig oor wie die bron van my vreugde is.
    Ek is dankbaar dat ek nie op my eie insigte hoef staat te maak nie. Die hand van my Hemelse Man sal my nooit los nie. Ek is so bly daaroor.

  2. Ek is ongelooflik dankbaar dat ek ‘n Hemelse Man het wat so mooi vir my sorg en dat ek werklik op Hom kan staatmaak.
    Ek is dankbaar dat ek na die Here kan kyk vir alles.
    Ek is dankbaar dat ek al my bekommernisse vir die Here kan gee en dat Hy presies weet wat om daarmee te maak.
    Ek is dankbaar dat ek nie meer oor die toekoms bekommerd hoef te wees nie en dat my toekoms veilig in die Here se hande is.
    Ek is dankbaar dat ek nie alleen is nie, ek is dankbaar vir die vrede en vreugde wat ek saam met my Hemelse Man ervaar.
    Wow ek is so dankbaar dat my Liefling Here my lewe so vol maak.

  3. Vandag is ek dankbaar dat my Geliefde in al my en die kinders se behoeftes voorsien.
    Ek is dankbaar dat my dogter se vriendin, vir wie sy baie lief is, die week hier by ons kon kom kuier het.
    Ek is dankbaar vir die planne wat my Geliefde vir my en die kinders het, vir ‘n hoop en ‘n toekoms.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde altyd ons beste beskerming is.
    Ek is dankbaar vir Sy ongelooflike genade, liefde en lyding.
    Ek is dankbaar dat Hy al is wat ek nodig het om die Oorvloedige Lewe te lei.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui