💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 In Alle Omstandighede

"Wees in alle omstandighede dankbaar...1T5:18(NLV)
"Wees in alles dankbaar..." 1T5:18(AFR53)
"Wees heeltyd dankbaar teenoor God..." 1T5:18(DB)

Ek wens ek kan sê dat ek hierdie week wat verby is dankbaar was in alle omstandighede, maar dan sou ek 'n leuen vertel as ek sê ek was. Ek het 'n moeilike week agter die rug en omdat ek so baie gekla het, het ek nie ons kosbare Liefling Here se vrede ervaar nie en ek wil nooit weer so week hê nie.

En ek gaan erken elke keer keer wat ek dankbaar was in alle omstandighede, het ek ons kosbare Liefling Here se vrede ervaar. 

"Ek verstaan my eie doen en late glad nie. Wat ek graag wil doen, laat ek na, maar wat ek verafsku, juis dit doen ek." R7:15

So kosbare vrou kom ons wees in alle omstandighede dankbaar, in alles dankbaar en die heeltyd dankbaar teen ons kosbare Liefling Here.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 In Alle Omstandighede”

  1. Ek is dankbaar vir die naweek om net te kan rus en die reën waarmee ek vanoggend wakker geword het.
    Ek is dankbaar dat ek al my laste vir God kan gee en dat ek nie elke dag swaar daaraan hoef te dra nie.
    Ek is dankbaar vir my vriendinne, my kinders en my pragtige kleinkind. Sy maak my lewe vol.
    Ek is dankbaar dat ek haar hier by my kan hê.
    Ek is dankbaar dat my Here altyd by my is en my soveel vrede gee.
    Ek het vanoggend terug gedink aan waar ek laasjaar hierdie tyd was, en waar ek vanoggend is, dit was net God wat dit kon doen, net God wat my gebring het tot waar ek vanoggend is. Sy hand was en is oor my in elke aspek van my lewe EN DAARVOOR IS EK SO, SO DANKBAAR.
    Alle eer aan my God!

  2. Ek is dankbaar vir hierdie naweek en die tyd wat ek alleen kan wees met my Geliefde Here.
    Ek is dankbaar vir die reën buite en die nuwe dag waarmee Hy my geseën het.
    Ek is dankbaar vir al die kere wat Hy in die verlede vir my deurgekom het, in die klein en groot dinge.
    Ek is dankbaar vir Sy wonderlike genade wat elke dag nuut is.
    Ek is dankbaar vir my kinders.
    Ek is dankbaar dat ek my kinders kan tuisonderrig.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening en dat Hy weet wat ons elke dag nodig het.
    Ek is dankbaar vir Sy liefde en beskerming oor my en my kinders.
    Ek is dankbaar dat Hy my nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie.

  3. Ek is so dankbaar dat die Here my dierbare Vriend is
    Ek is dankbaar vir die lekker weer wat ons het.
    Ek is dankbaar vir my kinders
    Ek is dankbaar dat ek die naweek so bietjie kan rus.
    Ek is dankbaar dat ons alles het wat ons nodig het.
    Ek is dankbaar dat ons gesond is.

  4. Ek is dankbaar dat dit ‘n lekker koue naweek is en dat ek net by die huis kan bly.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n lekker lang naweek het en verlof kon insit.
    Ek is dankbaar dat ek nou saam met my Liefling Here tyd kan spandeer.
    Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se liefde en genade in my lewe.
    Ek is ongelooflik dankbaar dat ek die Here het, dat Hy die Een is wat my met vrede en geluk vul.
    Ek is dankbaar dat Hy my lewe so vol maak en dat Hy my toekoms in Sy hande het.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe en dat Hy vir my meer voorsien as wat ek nodig het.

  5. Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir die daaglikse seëninge wat my lewe oorvloedig en vol liefde, hoop en doel maak.
    Ek is dankbaar vir alles wat ek ontvang: die vreugdes, die uitdagings, die geleenthede en die mense wat my reis verryk.
    Ek is dankbaar vir die waardevolle lesse en beginsels wat ek leer, die oomblikke van groei en die seëninge wat my inspireer om beter te wees.
    Ek is dankbaar teenoor my Geliefde vir Sy konstante teenwoordigheid in my lewe, vir Sy wysheid wat my pad lei en vir Sy onvoorwaardelike liefde.
    Ek is dankbaar teenoor my Geliefde dat hy my lewe geseën het met ‘n pragtige gesin, wie se liefde en ondersteuning ‘n konstante toevlug op my reis is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui