💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister." J29:12

Kosbare liefste vrou die Woord van God is vol sulke pragtige beloftes. Hoe wonderlik dat ons kosbare Liefling Here na ons sal luister en dit is net nog 'n rede om dankbaar te wees.

"En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!" J12:4

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

8 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Vandag is ek dankbaar vir die beproewings waardeur ons gaan om ons geloof te bou.
    Ek is elke dag dankbaar vir my Geliefde se genade.
    Ek is dankbaar vir Sy leiding.
    Ek is dankbaar dat Sy krag vervolmaak word in my swakheid.
    Ek is dankbaar dat ek geliefd is en versorg word deur my Geliefde.
    Ek is dankbaar vir my kinders en vir my Geliefde se hulp tydens hierdie eksamen.
    Ek is dankbaar vir nog ‘n dag, gesondheid en dat ek alles het wat ek vandag nodig het.

    1. Dankie dat jy dit deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina. Ja dis beslis die beproewinge wat ons geloof bou en daarom kan ons dankbaar daaroor wees.

  2. Ek is dankbaar dat my Liefling Here ons seun so mooi help met die eksamen.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se leiding in my lewe en dat Hy my leer om eerder stil te wees en te begin luister.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here die hele tyd by my is en dat ek niks alleen hoef aan te pak nie.
    Ek is dankbaar vir my geliefdes in my lewe.
    Ek is dankbaar vir ‘n dak oor ons koppe, kos en vervoer.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here by tot hier gebring het en dat Hy my aanhou terugtrek na Hom toe.

  3. Ek is dankbaar vir als wat die Here vir ons doen.Ek dankbaar vir hou die Here voorsien, en ons help. ek dankbaar vir die krag wat die Here vir my gegee het die week. Ek dankbaar vir sy liefde en dat Hy by my is en my help.

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Kristy, ons kosbare Liefling Here se voorsiening, hulp en liefde is beslis iets om oor dankbaar te wees.

  4. Ek is dankbaar vir Sy dierbare genade en liefde
    Ek is dankbaar dat Hy in al ons behoeftes voorsien
    Ek is dankbaar dat al is ek alleen by die huis, is ek nie alleen nie, want Hy is hier by my. Ek het met Hom gesels oor alles.
    Ek is dankbaar dat Hy elkeen van my stappe lei en my wys waar om te gaan.
    Ek is dankbaar dat Hy my kinders die wysheid gee om eksamen te skryf.
    Ek is dankbaar dat Hy na my kinders kyk terwyl hulle by hulle pa is.
    Daar is soveel baie ander dinge as mens eers begin tik…

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Yvonne, is dit nie wonderlik dat ons nooit alleen is nie, as ek dit net jare gelede al besef het, maar ja ek is dankbaar vir Sy genade want nou weet ek dit.

  5. I am grateful for the attacks that my Heavenly Husband allows from my former husband.
    I am grateful that the Dutch Ministry has not yet received any new bride registrations.
    I am grateful for every tear I gave to Him this week.
    I am grateful for the trials my oldest son has had again this week. And me as a mother.
    I am grateful for a nice working week with colleagues.
    I am grateful that my youngest sons are having a good time at the football club.
    I am grateful that my daughter is building her own life with Him.
    I am grateful that I have good contact with my parents, brothers and sister.
    I am grateful that my parents are still alive and receiving His grace every day.
    I am grateful for the vacation provided by my Heavenly Husband.
    I am thankful for His Word which is my source of strength.
    I am grateful that I was brought to this Ministry.
    I am grateful that I have been given the promise that everything that happens in my life is for my good.
    ~~~~~~
    Ek is dankbaar vir die aanvalle wat my Hemelse Man van my voormalige man toelaat.
    Ek is dankbaar dat die Nederlandse Ministerie nog geen nuwe bruid registrasies ontvang het nie.
    Ek is dankbaar vir elke traan wat ek hierdie week vir Hom gegee het.
    Ek is dankbaar vir die beproewinge wat my oudste seun hierdie week weer gehad het. En ek as ma.
    Ek is dankbaar vir ‘n lekker werksweek saam met kollegas.
    Ek is dankbaar dat my jongste seuns lekker by die sokkerklub kuier.
    Ek is dankbaar dat my dogter besig is om haar eie lewe saam met Hom te bou.
    Ek is dankbaar dat ek goeie kontak met my ouers, broers en suster het.
    Ek is dankbaar dat my ouers nog lewe en elke dag Sy genade ontvang.
    Ek is dankbaar vir die vakansie wat my Hemelse Man voorsien het.
    Ek is dankbaar vir Sy Woord wat my bron van krag is.
    Ek is dankbaar dat ek na hierdie Bediening gebring is.
    Ek is dankbaar dat ek die belofte gegee is dat alles wat in my lewe gebeur vir my beswil is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui