💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Prys Hom

"Ek wil die HERE prys. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam prys." P103:1

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

Die vyand se pyle kan net nie deur die vreugde van iemand wat die Here loof boor nie. In II Kronieke 20 lees ons hoe 'n hele leër verslaan was toe die Israeliete bloot die Here geprys het en Hom geglo het toe Hy gesê het dat die stryd hulle s'n was nie, maar Syne.

So kosbare vrou kom ons prys Hom, want die stryd is nie ons s'n nie, maar Syne.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Prys Hom”

  1. Dankie my Here dat ons met hoop kan wag op U.
    Dankie dat U tyd perfek is.
    Dankie dat U ons geloof, geduld en krag gee in ons wag.
    Dankie dat as ons val, U ons weer optel en dat ons daaruit kan leer om U te gehoorsaam.
    Dankie dat ons net kan stil wees voor U en kan weet dat U God is.
    Dankie dat U ons dra in die tye wat ons nie wat ons nie meer self kan nie.
    Dankie vir my kinders, my kleinkind en dat my seuns wat ek 10 maande laas gesien het, oppad is. Dankie dat U hom veilig op die pad bewaar.

  2. Vandag is ek so dankbaar dat my Geliefde Here my Voorsiener is en dat ek op Hom kan vertrou om in AL my behoeftes te voorsien en nog soveel meer.
    Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en gesondheid.
    Ek is dankbaar vir my kinders en dat my Geliefde hul Hemelse Vader en beskermer is.
    Ek is dankbaar vir Sy ewige liefde en groot genade.
    Ek is dankbaar vir hierdie reis en al die beproewings waardeur ek moes gaan om op hierdie punt te kom waar ek nou is.

  3. Ek dank my geliefde:
    – Om vir Brincy en my nefie gister by die strandtenniskampioenskap ongelooflike oomblikke te gee, was hulle naaswenners.
    – Vir ‘n week van vrede en harmonie tussen ons familie.
    – Vir Brincy se toetsweek waar Hy haar ondersteun en gelei het.
    – Vir my aangeraai het om ‘n produk te koop om die miere uit te skakel wat besig was om die blomme te vernietig wat ek in die tuin geplant het.
    Dankie my geliefde. Jy is my Alles!❣️
    ‘n Lekker naweek vir almal!🌷💕

  4. Ek is so dankbaar vir elke vrou wat die Here na Uiteindelikhoop.com toe stuur om te kom lees en kommentaar te los.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my help om die regte ding te doen.
    Ek is dankbaar dat Hy my leiding is in die lewe, want ja ek kan myself nie eens vertrou nie.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here hier reg by my is en ek niks alleen hoef aan te pak nie.
    Ek is dankbaar dat die Here my gehelp het om ‘n ander foon te kry, als Sy voorsiening.
    Ek is so ongelooflik dankbaar vir Hom in my lewe, wow ek is werklik geseënd om my Liefling Here deel van my lewe te hê.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui